Skip to content

Iemand Soos Jy (Paperback)

by Karen Kingsbury
ISBN: 9781415342190
Product in Stock: Yes
Original price R 199.00 - Original price R 199.00
Original price R 199.00
R 199.00
R 199.00 - R 199.00
Current price R 199.00
Add to Wishlist
Die wetenskap gee aanleiding tot vrae wat net liefde kan antwoord in hierdie roerende en diepsinnige verhaal uit die pen van Karen Kingsbury, die #1-topverkoperskrywer van lewensveranderende fiksie.

Maddie Baxter West se lewe van uitmekaar wanneer sy uitvind dat alles wat sy omtrent haar lewe geglo het, is ’n leuen. Haar ouers het altyd beplan om haar die waarheid oor haar verlede te vertel: dat sy as ’n embrio aangeneem is. Maar die regte geleentheid het nooit opgeduik nie. Dan konfronteer ’n vreemdeling haar met die waarheid en vertel haar iets wat haar wêreld omvergooi – Maddie het ’n suster waarvan sy nooit geweet het nie. Verraai, kwaad en verward los Maddie haar nuwe werk en verloofde, verwerp haar gesin se versoeke vir vergifnis, en trek na Portland om uit te vind wie sy werklik is.

Dawson Gage se lewe word verwoes wanneer London Quinn, sy beste vriendin en die enigste meisie wat hy ooit liefgehad het, skielik sterf. In die hospitaal se wagkamer onthul London se moeder dat London dalk ’n broer of suster kan hê. Die gevriesde embrio wat sy en haar man dekades gelede geskenk het. Wanneer Dawson vir Maddie vind en haar na Portland bring, verwelkom die Quinns – haar biologiese ouers – haar in hul lewens en harte. Maggie is vertroos deur die Quinns se liefde en nuuskierig oor hulle herinneringe van London, wat so baie soos sy was. Is dít die gesin en die lewe wat sy eintlik veronderstel was om te gehad het?

Nou sal dit Dawson Gage se liefde wees wat Maddie help om te weet wie sy is . . . en hoe sy haar pad terug kan vind huis toe.

x