Skip to content

Dagboek van 'n Dork 4: Stories van 'n Nie-Soelegante Ysprinses (Paperback)

by Rachel Renée Russell, Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798180788
Product in Stock: Yes
Original price R 195.00 - Original price R 195.00
Original price R 195.00
R 195.00
R 195.00 - R 195.00
Current price R 195.00
Add to Wishlist
Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wereld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge.

Nikki se wenke vir ’n perfekte skaatsmaraton:

#1 Kry ’n verdienstelike saak om voor te skaats (Hoe meer Brandon daarvan hou, hoe beter.)
#2 Hê vet pret saam met Chloe en Zoey
#3 Maak seker jy kan skaats . . .

In Dagboek van 'n dork: Stories oor 'n niesoelegante ysprinses doen Brandon vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Binnekort gaan al die diere dakloos wees! Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ’n dorkopys na ’n prinsesopys verander om die kompetisie te wen en die diere te red? Lees Nikki se dagboek en maak reg om die dork in jou ’n drukkie te gee!

x