{"title":"Die Avonture Van Hans","description":"","products":[{"product_id":"hans-steek-die-rubicon-oor","title":"Hans steek die Rubicon Oor (Paperback)","description":"\u003cp\u003eHans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003ciframe title=\"YouTube video player\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/5ZfYJ50mlcc?si=j1dKJs-lyPC3yE4g\" height=\"315\" width=\"560\" allowfullscreen=\"\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" frameborder=\"0\"\u003e\u003c\/iframe\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310760210610,"sku":"9780795801471","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141571_611af298076697.48920164_9780795801471.jpg?v=1665131561"},{"product_id":"hans-gee-herklaas-horings-paperback","title":"Hans Gee Herklaas Horings (Paperback)","description":"\u003cp\u003eHans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOp Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.\u003c\/p\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310760505522,"sku":"9780795802324","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140540_62baedef9d9336.34618720_9780795802324_c860cb3e-6fc2-4394-b1db-84a5acec5e69.jpg?v=1681454394"},{"product_id":"hans-bars-die-bioborrel-paperback","title":"Hans Bars Die Bioborrel (Paperback)","description":"Dis 2020, en Huis Madeliefie betree die grendeltyd, gewapen met kilogramme seep. Vasie weet nie hoe hy gaan oorleef sonder ’n sopie nie, Skoorsteen Pelser is diep beswaard oor die tabakverbod, en die beheerraad se summiere inperking, sommer nog voor Vlak 5 ’n aanvang neem, en drakoniese reëls stuit Hans lynreg teen die bors. Dis dan Matrone Van Dussen van voor af! Hans is sommer spyt hy’t uit die beheerraad bedank.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar wat, Hans en trawante is mos óú vryheidstryders. Sy destydse versetkabinet teen die Van Dussenonderdrukkingsregime is egter nie meer voltallig nie: twee van die oues is nou in die versorgingseenheid, en Liesbet loop boonop oor na die vyand wanneer die nuwe hoof van die inwonersraad, Altoon Ahlers, haar ’n rol gee in sy tehuistoneelstuk en sy pens en pootjies val vir sy vername aansitterigheid.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHans en kie gaan oor tot lydelike verset in die vorm van pynappelbier, reddingsbesoeke aan Covidsiekes, en ’n algemene vinger in die oog vir Altoon en sy gespuis.","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40607989661874,"sku":"9780795802255","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348071_60fa68b0aa5d38.71923042_9780795802256_6f7ac440-7438-4d3d-af8a-7faf97c4a646.jpg?v=1683299618"},{"product_id":"hans-hou-sy-lyf-sherlock-paperback","title":"Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Paperback)","description":"\u003cp\u003eHans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eToe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?\u003c\/p\u003e","brand":"Rudie Van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41941965668530,"sku":"9780795802539","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/371442_627dff742c50f1.81910728_9780795802539_2f9b992a-b811-42b4-8413-dca10d0b5168.jpg?v=1677348194"},{"product_id":"hans-kry-troukoors-paperback","title":"Hans Kry Troukoors (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003e​\u003c\/span\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eHans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n nuwe inkommer, Janneman Vermaak, ding om haar hart mee. Boonop wil hy Hans as leidsman in die tehuis onttroon. Maar iets aan dié opperse snoeshaan en die talentkompetisies wat hy reël is nie pluis nie.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Rudie van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43173565268146,"sku":"9780795802621","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780795802621.jpg?v=1693389329"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/Hans-kry-troukoors_Wordsworth_1290x300_58708179-88f6-4b5f-9eae-95ff4192bf11.png?v=1696570092","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/die-avonture-van-hans.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}