{"title":"Hannes Barnard","description":"","products":[{"product_id":"halley-se-komeet","title":"Halley se Komeet (Paperback)","description":"Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40760663802034,"sku":"9780799395464","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/151293_611a7d46ef9b37.00948642_9780799395464_e74b332d-9fb1-4680-a65a-28e706a69a2e.jpg?v=1673271889"},{"product_id":"roet","title":"Roet (Paperback)","description":"Rufus en Xandr #disingewikkeld. Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos.","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40904530591922,"sku":"9781776350384","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/352939_613775d0e8f8f3.52260009_9781776350384.jpg?v=1680165195"},{"product_id":"halleys-comet","title":"Halley's Comet (Paperback)","description":"Pete de Lange must survive as a teenager in a small Natal town during the 1980s, together with his new-found friends, Sarita and Petrus. In a country marked by turmoil and racial conflict, this is not as easy as it seems. Pete and his friends witnessed a horrendous crime, and the perpetrator is on their case. Will justice prevail? In between all of this, Pete must try to make the first rugby team and win the heart of his high-school crush, Renate. This is an excellent Bildungsroman, full of emotion and nostalgia, set in a troubled country where doing the right thing was not always easy.","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41195754422450,"sku":"9781776354801","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/356075_619f2a8011f243.46084218_9781776354801_218406d6-b077-494d-b77a-cebdd2c3294d.jpg?v=1658992305"},{"product_id":"die-wet-van-gauteng-paperback","title":"Die Wet van Gauteng (Paperback)","description":"Kaptein Cindie McKelly, ’n forensiese spesialis van Randfontein Polisiestasie, word een oggend in Februarie na ’n misdaadtoneel in Kagiso ontbied. Daar vind sy die oorskot van drie slagoffers in ’n verwaarloosde klinkersteenhuis: Twee Somaliese vroue en een Suid-Afrikaner – laasgenoemde met ’n koeëlronde gat waar sy linkeroog behoort te wees.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVroeg April ontvang Cindie ’n oproep van kaptein Awande Mhlanga, speurder in Parktown, oor drie moorde wat blykbaar ooreenstem met haar eie ondersoek. En ’n paar dae later vind hulle nóg ’n slagoffer met dieselfde modus operandi, op Muldersdrift.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Taakmag word saamgestel om die Oogarts, soos die media na die skerpskutter verwys, vas te trek. Ten spyte van ’n onbekwame brigadier en ewig krimpende begrotings, begin Cindie en Awande geleidelik ’n komplekse netwerk ontrafel wat staatskaping laat lyk na swieties steel in die hoekkafee.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Hoogs leesbare politieke riller, aksiebelaaid en meesleurend.","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41537533345970,"sku":"9780798182379","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/361763_61e7b2c2310201.01617841_9780798182379_ed533ad7-7cc3-459e-b56e-da2bf8dc1850.jpg?v=1678708716"},{"product_id":"wolk","title":"Wolk (Paperback)","description":"Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42701827604658,"sku":"9780799398861","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148582_611feef7d18939.43321879_9780799398861_d47f9cfa-c6fd-4368-afaa-3e0c936b4621.jpg?v=1680865852"},{"product_id":"studiegids-wolk","title":"Klaskameraad Studiegids: Wolk (Paperback)","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eHierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids sal leerders help om die roman Wolk se letterkundige aspekte beter te verstaan en die roman in geheel te geniet. Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-klasse gebruik word. Literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, moontlike temas word uitgewys, interessante en moeilik woordeskat word uitgelig, en besprekingspunte en navorsingsonderwerpe word gegee.\u003c\/span\u003e","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43138369323186,"sku":"9780637002370","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780637002370.jpg?v=1694679828"},{"product_id":"vuur-paperback","title":"Vuur (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDie elemente van 'n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en 'n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en 'n chemiese reaksie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op 'n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in 'n wereld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en 'n rooi Mazda Midge. Gerugte van 'n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEn hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.\u003c\/p\u003e","brand":"Hannes Barnard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43394612232370,"sku":"9780637002110","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780637002110.jpg?v=1709720726"}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/hannes-barnard.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}