{"title":"Lotta se Lewe","description":"\u003cp\u003eAll titles in this collection are in stock and available for immediate shipping unless marked for pre-order.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"lotta-se-lewe-5-my-skilpad-uit-sy-dop-paperback","title":"Lotta se Lewe 5: My Skilpad uit sy Dop (Paperback)","description":"Lotta se klas het 'n kompetisie gewen! Hulle gaan prente van bedreigde diere op 'n heining verf. Lotta en Chantelle is mal oor diere, so hulle is vuur en vlam. Hulle wil mos nie hê pandas en Tasmaniese duiwels en sulke skaars diere moet uitsterf nie . . . maar dinge werk ongelukkig nie uit soos hulle beplan nie. Veral nie met die neus-in-die-lug Berenice in die rondte nie. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd pret!","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40307981746354,"sku":"9780798169905","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140720_611af85ea3f1c2.33515270_9780798169905_1f8f79e9-a0cc-435f-85e8-7349fbe7c1ef.jpg?v=1657791288"},{"product_id":"lotta-se-lewe-1-konyne-by-dosyne-paperback","title":"Lotta se Lewe 1: Konyne by Dosyne (Paperback)","description":"Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling-raasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie. By die skool verskyn daar vanself lelike goed op die bord en haar gunstelingkos smaak skielik na spruitkool. Jig! En dan is daar nog die vreemde Indiese blokfluit wat haar ma vir haar present gegee het. Maar sy het nie nou tyd vir sulke nonsens nie. Sy wil 'n troeteldier hê. Chantelle het tweehonderd konyne in haar kamer, maar sy wil nie eens enetjie afstaan nie! Lotta het egter klaar 'n plan hoe om haar EIE troeteldier te kry . . .\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40308002160818,"sku":"9780798166706","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140694_611af8da38ce60.13029793_9780798166706.jpg?v=1683299535"},{"product_id":"lotta-se-lewe-3-wieg-wurm-wieg-paperback","title":"Lotta Se Lewe 3: Wieg, Wurm, Wieg (Paperback)","description":"Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ’n ORGANIESE PLAAS vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na ’n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mallll oor DIERE! Sy kan ook lekker op hulle oefen. Want sy weet nou wat is haar Indiese blokfluit se geheim: ’n Mens kan slange daarmee hipnotiseer! Veral kobras. Haar blokfluit laat erdwurms ook dans. Sy moet net die regte note blaas . . . Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309088223410,"sku":"9780798166768","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140696_611af8cf369d37.35716777_9780798166768.jpg?v=1657791295"},{"product_id":"lotta-se-lewe-10-koalakonsternasie-paperback","title":"Lotta se Lewe 10: Koalakonsternasie (Paperback)","description":"Lotta kan ’n reis Australië toe wen en sy wil ontsettend graag soontoe gaan, want sy is mal oor koalas en sy mis haar niggies. Al wat sy nodig het om te wen, is ’n koeldrankdoppie, niks meer nie. Maar Mamma en Pappa glo gaskoeldrank is baie sleg vir jou, so sy mag nie eens een enkele bottel daarvan koop nie. Gelukkig sal Chantelle haar saamvat, as sy wen. Sy is seker hulle gaan dit regkry. Al moet sy ’n doppie met haar blokfluit hipnotiseer!","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309088288946,"sku":"9780798179805","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141722_615578570bd221.71981245_9780798179805.jpg?v=1665130825"},{"product_id":"lotta-se-lewe-4-n-haas-uit-die-hoed-paperback","title":"Lotta se Lewe 4: 'n Haas uit die Hoed (Paperback)","description":"Lotta kan nie skool toe gaan nie, want sy het waterpokkies. Dis baie vervelig so alleen by die huis. Maar dis ook g’n wonder nie – sy het mos geen stokperdjies nie. Al sê haar ma sy het een: fluitspeel. Gmf! Lotta en Chantelle dink saam ’n lang lys cool stokperdjies uit: valskermspring, duik saam met haaie, dinosourusse se geraamtes opgrawe, en nog baie meer. Maar hulle weet ongelukkig nie hoe doen ’n mens sulke goed nie. Maar dit maak nie saak nie, want hulle twee gaan nou beroemd word. Hulle gaan hoofrolle kry in ’n fliek met Zack Zeeman, een van die coooooolste filmsterre in die hele wêreld. (Dis in elk geval wat Chantelle dink!) Solank daardie simpel Berenice en haar maats net nie weer in hulle pad staan nie . . .\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309088518322,"sku":"798169893","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140719_611e5f63542a11.42198160_9780798169899_4b703f95-2d14-4c5e-a9f3-053aa1dac8a1.jpg?v=1657791292"},{"product_id":"lotta-se-lewe-9-die-kangaroe-se-skoen-paperback","title":"Lotta Se Lewe 9: Die Kangaroe Se Skoen (Paperback)","description":"Lotta en haar hele familie gaan vir ’n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen. Van ’n simpel skattejag tot ’n vervelige wandelpad deur ’n woud. Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies wat in Australië bly ook daar ontmoet. Wie weet, dalk kuier hulle darem lekker saam . . .","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309088616626,"sku":"9780798177221","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140852_611af655baed29.36756793_9780798177221_a4efd09c-edd4-4f22-933b-0df755853fe6.jpg?v=1683299528"},{"product_id":"lotta-se-lewe-8-die-kattekonsert-paperback","title":"Lotta se Lewe 8: Die Kattekonsert (Paperback)","description":"Lotta se beste vriendin Chantelle het ’n nuwe boetie gekry en hy is so oulik! Rocco het ’n paar tandjies en kan al loop, maar hy is nog steeds so liefies soos ’n katjie! Lotta en Chantelle dink hulle is die beste kinderoppassers as dit by boeties kom. Maar Rocco is ’n handvol. Lotta probeer hom met haar blokfluit hipnotiseer, maar ongelukkig het haar fluit verdwyn. Dis sekerlik haar twee raasbekboeties se werk.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309089140914,"sku":"798177217","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140851_611af65bd391c5.91723571_9780798177214_8f04f427-dd38-4660-aa61-283a0c19507c.jpg?v=1643060302"},{"product_id":"lotta-se-lewe-7-die-lama-drama-paperback","title":"Lotta se Lewe 7: Die Lama-Drama (Paperback)","description":"Lotta se klas gaan op 'n uitstappie na 'n veldskool op 'n eiland. Die plek behoort aan 'n regte baron en sy vrou, en daar is baie diere: meeue, visse, perde, en selfs 'n lama. Maar daar's ook 'n groep ongeskikte ouer kinders wat hulle aanhoudend boelie - veral vir Paul. Gelukkig het Lotta haar ANTI-BERENICE-SPROEI ingepak . . . en haar blokfluit.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309089271986,"sku":"9780798173636","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140767_611af7c7287152.10795204_9780798173636_7ed68a72-1149-467f-b147-2ffcb125089b.jpg?v=1683299544"},{"product_id":"lotta-se-lewe-2-bendes-swape-en-skape-paperback","title":"Lotta se Lewe 2: Bendes, Swape en Skape (Paperback)","description":"Berenice Hoogenhout het ’n meisiebende begin en amper almal in die klas behoort daar aan. Almal behalwe Lotta en haar beste vriendin, Chantelle. Die bende noem hulleself Die Glamour Girls, maar Lotta noem hulle die Skaapkoppe omdat die swape almal soos lammetjies agter Berenice aanloop. Maar sy en Chantelle is nie jaloers nie, want hulle het hulle eie bende, Die Kwaai Konyne. En omdat hulle bende net twee lede het, het hulle vir Paul genooi om ook ’n lid te word, want hy het ’n boomhuis. Maar die Skaapkoppe is nie al bende wat met hulle moeilikheid soek nie; daar is ook die Rockers. Gaan Lotta hulle met haar Indiese blokfluit kan regsien? Of gaan daar al weer allerhande vreemde goed gebeur? Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309089337522,"sku":"9780798166737","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140695_611af8d4b714c0.59591149_9780798166737_293a70ed-22c8-4735-9804-ae1a13a0f226.jpg?v=1683299538"},{"product_id":"lotta-se-lewe-11-slange-en-hansworse-paperback","title":"Lotta se Lewe 11: Slange en Hansworse (Paperback)","description":"Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweeling­raasbekboeties. Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind. In die elfde boek van die Lotta se lewe­reeks moet Lotta se klas 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh­Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word! Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40309089403058,"sku":"798181206","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140971_615579dd4520f8.24366484_9780798181204.jpg?v=1657791270"},{"product_id":"lotta-se-lewe-12-hoe-later-hoe-kwaker-paperback","title":"Lotta se Lewe 12: Hoe Later, Hoe Kwaker (Paperback)","description":"Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn die twaalfde boek van die Lotta se lewereeks kyk Lotta en Chantelle ’n GRILFLIEK om met die skool se leeskompetisie te help, maar dan gebeur daar allerhande grillerige goed: Chantelle kan skielik baie goed lees (Dis toordery!), Mamma kry op VRYDAG DIE 13DE seer, en Lotta en haar raasboekboeties moet by Ouma en Oupa gaan bly. Hulle het deesdae ’n SWART KAT en Lotta en Chantelle kry met ’n GRILLERIGE MAN te doen. Die een ONGELUK ná die ander tref hulle! En Lotta se blokfluit help skielik niks nie . . .\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40607991660722,"sku":"9780798182263","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/348066_60f9684b2db7e6.95097930_9780798182263_7a711c37-6d78-4eb6-8c86-fd1c1eed96ce.jpg?v=1659005903"},{"product_id":"lotta-se-lewe-13-woef-waff-paperback","title":"Lotta se Lewe 13: Woef-waff! (Paperback)","description":"Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar ’n NAAR KOL op haar maag. Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by ’n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIERESKUILING waar mnr. Lategan vrywillige werk doen. Dit gaan pret wees! Lotta en Chantelle se liefiehonde, WOLLIE en STOFFIE, is daar en hulle gaan ook eendag daar werk. Of gaan hulle?","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42135862575282,"sku":"9780798183215","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/376833_62cfe2a6082e08.52923622_9780798183215.jpg?v=1676748406"},{"product_id":"lotta-se-lewe-6-vent-of-vriend-paperback","title":"Lotta Se Lewe 6: Vent Of Vriend? (Paperback)","description":"Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: \"O, la, la!\" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan beslis van Remi ontslae raak. As dit moet, sal sy haar towerfluit gebruik.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42705729159346,"sku":"9780798173629","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140766_611af7cc4ec2a8.94626011_9780798173629_feb893a3-b2ad-4958-a1b5-b0f2bff1658c.jpg?v=1672031445"},{"product_id":"lotta-se-lewe-14-red-die-eekhorings-paperback","title":"Lotta se Lewe 14: Red die Eekhorings! (Paperback)","description":"Lotta is só opgewonde! Dis ’n nuwe skooljaar en hulle het ’n nuwe klasonderwyser. Sy klasse is baaaaie lekkerder as mevrou Knacker s’n. Hulle huiswerk is om ’n videokanaal te begin. Lotta weet gelukkig hoe dit werk, want Mamma het haar eie TV-program waarop sy produkte uittoets (SANDRA SE WÊRELD op kanaal 987). Maar Lotta en Chantelle se PRODUKTASTIESE PRODUKTOETSERS-kanaal is ongelukkig nie so gewild nie. So hulle gaan nie meer smaakmakers word nie, maar eerder betoog om diere te beskerm.","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43111598522546,"sku":"9780798183970","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780798183970.jpg?v=1692109450"},{"product_id":"lotta-se-lewe-15-otters-oral-paperback","title":"Lotta Se Lewe 15: Otters Oral! (Paperback)","description":"\"Dit is die een katastrofe ná die ander in elfjarige Lotta se lawwe lewe! In Otters oral! is Lotta se beste vriendin, Chantelle, in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie dagboekstyl en prettige illustrasies sal lesers van 8 tot 12 jaar boei.\"","brand":"Alice Pantermuller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46476596674738,"sku":"9780798185035","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780798185035.jpg?v=1758105571"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/19a9ceb7bccffaacad41b61d6082ac66.png?v=1641367971","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/lotta-se-lewe.oembed?page=2","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}