{"title":"Minki","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"color: rgb(0, 0, 0);\"\u003eAll titles in this collection are in stock and available for immediate shipping unless marked for pre-order.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Minki\" is 'n reeks van agt boeke deur Jaco Jacobs wat die avonture van die hoofkarakter, Minki van der Westhuizen, as sy deur verskeie uitdagings en avonture navigeer, beskryf. Die reeks is gewild vir sy opregte vertellings en hartroerende verhale.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","products":[{"product_id":"minki-in-die-middel-paperback","title":"Minki in die Middel (Paperback)","description":"Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan 'n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy 'n ballerina of 'n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van 'n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMinki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem ... die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van 'n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40308632879282,"sku":"9781776250080","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/29290_611bc49be2cb09.12093872_9781776250080.jpg?v=1658956743"},{"product_id":"minki-se-pajamapartytjie-1","title":"Minki se Pajamapartytjie (Paperback)","description":"Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met 'n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-pinata wat Natalie self gemaak het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die pinata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is 'n reuse-flop! Gelukkig het Minki 'n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef ...","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41575941767346,"sku":"9781776250103","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/362245_6246e391a56c70.45185837_9781776250103.jpg?v=1680603038"},{"product_id":"minki-maak-n-plan","title":"Minki Maak 'n Plan (Paperback)","description":"Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle 'n onverwagse besoeker kry. Hulle ontdek 'n oulike katjie in die tuin. Waar kom sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry? Hulle sal egter vinnig 'n plan moet maak, want Minki se hond, Spaghetti, hou glad nie van die nuwe kuiergas in die huis nie! Intussen kry Minki 'n nare verrassing toe haar klas 'n belangrike projek moet doen ... Kort voor lank waai die hare behoorlik!","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739515396274,"sku":"9781776251278","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/365691_62503f8445f7d0.91336731_9781776251278.jpg?v=1677477116"},{"product_id":"minki-mse-boekedag","title":"Minki se Boekdag (Paperback)","description":"Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir die groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie. Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is - vir eers - daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie. Maar een van Minki se gunstelingboeke gee haar 'n plan ...","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41739515461810,"sku":"9781776251254","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/365692_62503fe3a2cdb1.27143992_9781776251254.jpg?v=1676684543"},{"product_id":"minki-se-skoolkonsert-paperback","title":"Minki se Skoolkonsert (Paperback)","description":"Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos ’n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41933465747634,"sku":"9781776250479","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/328626_6275199d1d5ae0.76419202_9781776250479.jpg?v=1680603071"},{"product_id":"minkis-se-avontuurkamp-paperback","title":"Minki's se Avontuurkamp (Paperback)","description":"Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41933512048818,"sku":"9781776250493","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/328627_62751afec35e06.84512300_9781776250493.jpg?v=1658971747"},{"product_id":"minki-se-verjaardag-minki-boek-7-paperback","title":"Minki se Verjaardag: Minki Boek 7 (Paperback)","description":"\u003cp\u003eMinki se verjaardag is om die draai.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMinki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTwee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne\u003cbr\u003edeurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-idee.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar dit lyk of Danika haar bes gaan doen om te sorg dat Minki ’n goor verjaardag het …\u003c\/p\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43987544998066,"sku":"9781779990242","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779990242.jpg?v=1716456792"},{"product_id":"minki-boek-8-minki-se-pretdraf-paperback","title":"Minki Boek 8: Minki se Pretdraf (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003e’n Pretdraf?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDit klink na groot pret!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eMinki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eMaar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie.\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eKort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer pret gaan wees nie …\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44314728661170,"sku":"9781779990266","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779990266.jpg?v=1716457557"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/Minki_8BookWordsworth_1292x300px.jpg?v=1717369097","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/minki-1.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}