{"title":"Romanse","description":"\u003cp\u003eAll titles in this collection are in stock and available for immediate shipping unless marked for pre-order.\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"mooier-as-marilyn","title":"Mooier as Marilyn","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40308439482546,"sku":"9780795801907","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141508_611af2a4b979a5.51844215_9780795801907.jpg?v=1665132322"},{"product_id":"helena-hugo-tweede-keur-liefde-met-gevoel-veldpad-van-verlange","title":"Helena Hugo Tweede Keur","description":"In Liefde met gevoel sit laerskoolonderwyser Magriet in ’n penarie. Sy’t gedink Walter is die een, maar na ’n seevakansie by sy ouerhuis, is dit duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie. Maar hoe raak sy van hom ontslae? Boonop moet Magriet weens ’n besering fisioterapie kry. Haar terapeut, Pierre, is die mooiste man wat sy nog ooit gesien het. Paulie Hopkins moet haar doktorsgraad afhandel in Veldpad van verlange. Daar lê vir haar drie weke se veldwerk op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar verloofde, Lüther, gaan saam, al is hy nie juis ’n buitelugman nie. Maar gelukkig is haar assistent die bekwame Andreas Bergh. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke.","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310657810610,"sku":"9780624087991","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140388_61600e4a93c1a1.37557458_9780624087991.jpg?v=1659005989"},{"product_id":"helene-de-kock-keur-6-paperback","title":"Helene de Kock Keur 6 (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eHelene de Kock skryf meesleurende romans, en sy beeld haar karakters met deernis en humor uit. Hierdie keur bevat twee van haar gewildste wynlandverhale:\u003c\/span\u003e\u003cem\u003e’n Kind vir Vier Oude Vrinde\u003c\/em\u003e\u003cspan\u003e en \u003c\/span\u003e\u003cem\u003eVolmaakte versnit\u003c\/em\u003e\u003cspan\u003e?.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310664069298,"sku":"9780798182027","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/325517_6406889eeb14c7.70530148_9780798182027.jpg?v=1678157798"},{"product_id":"helene-de-kock-keur-5-paperback","title":"Helene de Kock Keur 5 (Paperback)","description":"Hierdie keur bevat vier ontroerende verhale wat tot op die laaste bladsy genot sal verskaf. Man van gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense. In’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy ontstellende nuus ontvang oor haar verloofde. In Huwelik in die herfs besoek Amara Londen om helderheid te kry oor Pieter Cronjé se huweliksaansoek. Uur van die sewester is ’n spannende liefdesverhaal wat afspeel in die Oos-Vrystaatse berge.","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310664560818,"sku":"9780798180535","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141497_6151daf993f6f6.21832090_9780798180535_b8be25c6-977d-4139-8a00-071c473c2381.jpg?v=1640820984"},{"product_id":"elisabet-se-oorlog-paperback","title":"Elisabet se Oorlog (Paperback)","description":"Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHelene de Kock op haar beste.","brand":"Helene De Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312050417842,"sku":"9780798181914","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/331393_611d1d7549cf30.47173818_9780798181914.jpg?v=1672476815"},{"product_id":"die-wolkversamelaars","title":"Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback)","description":"Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBy Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIntussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?","brand":"Nadia de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312758042802,"sku":"9780795709036","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141107_61853fa040ded4.08235011_9780795709036_129930bb-d3e0-4779-a362-8f1b8f1235a5.jpg?v=1667985320"},{"product_id":"debora-gaan-huis-toe-paperback","title":"Debora gaan huis toe (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eIn dié opvolg op \u003c\/span\u003e\u003cspan\u003e\u003c\/span\u003e\u003cem\u003eDebora en seuns\u003c\/em\u003e\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003cspan\u003eis die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960's, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook 'n Debora. Dié 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy\u003c\/span\u003e\u003cspan\u003e volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40313048006834,"sku":"9780798176132","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141139_611af3dd3f9683.87034065_9780798176132_ba0f41cc-34a4-44bf-9ea9-99b926fb501e.jpg?v=1665127428"},{"product_id":"christine-le-roux-keur-3","title":"Christine le Roux Keur 3 (Paperback)","description":"In Die honger hart moet Julia Naudé haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geërf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van 'n nuwe lewe, maar meer veranderinge lê voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die leë kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy 'n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.","brand":"Christine le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40461145833650,"sku":"9780798174763","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140790_611af76e536756.90324610_9780798174763_2d4dfc13-e161-4b70-b222-ae3a5bdf3f7b.jpg?v=1660215943"},{"product_id":"ter-wille-van-jou","title":"Ter wille van jou","description":"Geboei aan die verlede ... Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos. Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg. Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562808848562,"sku":"9780799399158","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148584_6116eca51d3ea6.66323378_9780799399158.jpg?v=1673269636"},{"product_id":"die-man-langsaan","title":"Die Man Langsaan","description":"\u003cp style='margin: 0px 0px 1em; line-height: 1.4; color: rgb(33, 43, 54); font-family: -apple-system, BlinkMacSystemFont, \"San Francisco\", \"Segoe UI\", Roboto, \"Helvetica Neue\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003eDié lelike eendjie moet oortuig word van haar eie waarde ...\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0px 0px 1em; line-height: 1.4; color: rgb(33, 43, 54); font-family: -apple-system, BlinkMacSystemFont, \"San Francisco\", \"Segoe UI\", Roboto, \"Helvetica Neue\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003ePaloma het 20 jaar gelede alle mans afgesweer toe sy die dag voor haar troue uitvind dat haar verloofde haar verkul. Dit is net té seer, veral wanneer gene vir jou 'n peervormige lyf gegee het en jy net nie goed genoeg is nie. Sy lewe rustig saam met haar honde, hoenders en koffiewinkel klante vir geselskap. Haar familie het geëmigreer; gaan sy ry of gaan sy bly? Maar dan trek daar nuwe bure in aan weerskante; die baie aantreklike en geskeide Arno, en die ongelooflik sexy Sindisiwe aan die ander kant. Beide het lesse vir Paloma om te leer ...\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0px 0px 1em; line-height: 1.4; color: rgb(33, 43, 54); font-family: -apple-system, BlinkMacSystemFont, \"San Francisco\", \"Segoe UI\", Roboto, \"Helvetica Neue\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003eArno raak betrokke by sy eiesoortige buurvrou met haar lang geblomde rompe en mooier-as-mooi kaal voete. Hy help haar toe haar hond uitgesit moet word, en maak vrede met haar astrante hoenderhaan Kallie wat tydig en ontydig by hom kom kuier.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0px 0px 1em; line-height: 1.4; color: rgb(33, 43, 54); font-family: -apple-system, BlinkMacSystemFont, \"San Francisco\", \"Segoe UI\", Roboto, \"Helvetica Neue\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003ePaloma ontmoet sy familie, en vind uit dat alle families maar vreemd is op hul eie manier. Haar nuwe buurvrou dwing haar om 'n make-over te doen, en vir die eerste keer begin sy besef dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0px 0px 1em; line-height: 1.4; color: rgb(33, 43, 54); font-family: -apple-system, BlinkMacSystemFont, \"San Francisco\", \"Segoe UI\", Roboto, \"Helvetica Neue\", sans-serif; font-size: 14px;'\u003eDie man langsaan is 'n verhaal oor self-aanvaarding, en liefde en vriendskap op onverwagse plekke.\u003c\/p\u003e\r\n","brand":"Cynthia Robertson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562854494386,"sku":"9780639600314","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/150448_60f293b3014df0.44088610_9780639600314_5bb12458-6db8-4979-900a-b7e3c3d9e60c.jpg?v=1673521746"},{"product_id":"mieke","title":"Mieke","description":"Mieke se lewe verander binne 'n oogwink wanneer Boeta met sy koffer en 'n sopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate lomp vyftienjarige seun wat verstandelik gestemd is en opsluit sy pa soek. Hy weier om verder by sy ma en oom Voel te woon. Oom Voel is gemeen en raas met hom, en hy hou niks van oom Voel nie. Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding of sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van 'n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.","brand":"Mariel le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562860490930,"sku":"9780639606125","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/331032_6116eeab5ecac8.54491985_9780639606125_894ebc2f-87ad-45e0-ab3c-1688f4751416.jpg?v=1673270368"},{"product_id":"stillewe","title":"Stillewe (Paperback)","description":"In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.","brand":"Marie Spruyt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562861834418,"sku":"9780639605944","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/330962_6116e224b323f5.93825840_9780639605944.jpg?v=1673269709"},{"product_id":"oor-en-weer","title":"Oor en weer","description":"Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562867077298,"sku":"9780639605654","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/323134_6116e6049022b4.05749209_9780639605654_3b901735-c998-4d8e-96b9-85daa9d4a5b8.jpg?v=1673518249"},{"product_id":"omdat-jy-die-een-is","title":"Omdat jy die Een Is (Paperback)","description":"Karina Erasmus geniet dit om saam met haar susters betrokke te wees by haar ma se besigheid en as fotograaf te werk. Tyd vir ’n man, veral een wat haar so ontstig soos Conrad Vissser, is daar nie. Die een afspraak wat sy met hom gehad het, was loshande dié goorste een waarop sy nog was. Conrad Visser weet sedert sy tienerjare hy is nie die soort mens op wie iemand anders kan staatmaak nie, daarom het hy twee reëls waarvolgens hy lewe: moenie verlief raak nie en hou mense op ’n afstand. Sodoende kan hy niemand teleurstel nie. Totdat Karina Erasmus met haar lang bene en donker hare sy reëls kom breek.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40562874679474,"sku":"9780639605883","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/327446_64068835370ef5.44422413_9780639605883.jpg?v=1678157859"},{"product_id":"weergalose-liefde","title":"Weergalose liefde","description":"\u003cspan style='font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003eNie eers roem en faam kan jou beskerm teen verdriet nie. Na tien jaar se werskaf om naam te maak vir haarself, keer Danielle Saunders terug na haar ouerhuis as ’n internasionale filmster. Haar terugkoms is egter drie weke te laat vir haar eie pa se begrafnis. Sy kan al die koue skouers en stille verwyte verduur, maar om weer in Eckhard du Toit vas te loop was die laaste ding wat sy verwag het. Hy is nie meer haar jeugvriend van ouds nie. Hy is verloof, en Danielle weet sy het hom genoeg reded gegee om nou sy afsydigheid te verdien. Almal dink mos sy het die wêreld aan haar voete. Net sy ken die waarheid wat soos ’n donker wolk hang en dreig om haar te verswelg – dié keer met ’n finaliteit waarvan sy nie sal kan ontsnap nie.\u003c\/span\u003e","brand":"Marie-Louise Cronjé","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563427803314,"sku":"9780639607177","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/340203_60f668c28875e2.03706919_9780639607177.jpg?v=1673269164"},{"product_id":"ware-noord-paperback","title":"Ware Noord (Paperback)","description":"Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.\r\nVir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.\r\n\r\nTog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.\r\n\r\nWanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.\r\n\r\nDie ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geïnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563433636018,"sku":"9780639605111","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/163990_6116e018618514.47340502_9780639605111_ec835c32-e312-4c49-8c8c-8e44b632e273.jpg?v=1673269139"},{"product_id":"verlore-skatte","title":"Verlore Skatte","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563435405490,"sku":"9780799395334","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/154848_63eec641951775.60868683_9780799395334.jpg?v=1676597620"},{"product_id":"n-tyd-om-te-dans","title":"Tyd om te dans, 'n","description":"\u003cspan style='font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003eHoekom, God? Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ŉ motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos ’n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ŉ beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.\u003c\/span\u003e","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563441270962,"sku":"9780639607238","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/340201_60f5dd54c1f5b1.06143388_9780639607238_76dc64a1-75ab-4a0d-8f65-26a4a20ae6fc.jpg?v=1673269344"},{"product_id":"tussen-liefde-en-haat","title":"Tussen Liefde en Haat (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDie skeidslyn tussen liefde en haat is dun Marlien van der Walt aanvaar ’n pos as skoonheidsdeskundige op ’n wildsplaas buite Harrismith ná ’n traumatiese inbraak by haar woonstel. Die plaas behoort nou wel aan die pa van haar eks Eben, maar dit is seker beter as om alewig bang te wees in die stad.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e’n Jaar gelede het haar en Eben Naudé se paaie geskei en het sy liefde vir haar in ’n intense haat verander. Toe sy hom weer op die plaas sien, weet sy dat dit steeds die geval is. Hy is koud en ongeskik en gaan uit sy pad om haar tyd op die plaas onaangenaam te maak. Sy is egter steeds smoorverlief op hom en besef gou dat die skeidslyn tussen liefde en haat baie dun is.\u003c\/p\u003e","brand":"Corne van Rooyen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563441664178,"sku":"356630092159732","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/336121_624392f67d4198.76583793_9780639606064.jpg?v=1657276260"},{"product_id":"die-tuiskoms-paperback","title":"Die Tuiskoms (Paperback)","description":"Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?","brand":"Sophia Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563449594034,"sku":"9780799367706","price":390.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/152328_6117aad66d1911.86993409_9780799367706.jpg?v=1673269370"},{"product_id":"strykstok-van-die-hart","title":"Strykstok van die Hart","description":"","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563458998450,"sku":"799398640","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148580_64069679efa635.60771293_9780799398649.jpg?v=1678155164"},{"product_id":"iemand-soos-zander","title":"Iemand Soos Zander (Paperback)","description":"Almal dink hulle wil ’n huisie by die see hê totdat hulle die buurman ontmoet. Wanneer Lori Lategan uitvind sy erf haar oupa se huis op Skulpbaai, lei sy aan dubbele skok. Haar onderdrukkende pa het haar vertel haar grootouers is lankal dood. Hierdie geleentheid is ’n kans op ’n nuwe lewe, weg van haar pa se oorheersende hand. Skaars op Skulpbaai ontmoet sy haar lastige nuwe buurman, Zander Malan, wat haar opdraande gee oor sy nooit by haar oupa kom kuier het nie, en haar beskuldig van geldgierigheid. Die vent is amper erger as haar pa. Tot die dag wat Fred Potgieter, die dorp se Groot Kokkedoor, Lori se lewe ’n nagmerrie maak. Skielik is Zander daar om te help skerm en Lori se hart begin vermurwe. Maar dan daag Zander se suster op en dit raak duidelik dat hy nie is wie hy voorgee om te wees nie.","brand":"Elize Davies","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563493699762,"sku":"9780639607191","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/340196_60f5e29f3bf4c1.87284887_9780639607191_e04e8cd0-c735-49b5-a51b-920d52dde6b7.jpg?v=1683540642"},{"product_id":"een-dag-op-n-dag","title":"Een Dag Op 'n Slag (Paperback)","description":"","brand":"Nerine le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563517161650,"sku":"9780639607450","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/340219_614afbcd0c3c50.13581646_9780639607450.jpg?v=1657276008"},{"product_id":"drie-vrouye-en-n-meisie","title":"Drie Vroue En ’n Meisie","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e“Ek het vir prof ŉ storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eAlmal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eHieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.\u003c\/p\u003e\n\u003cp style=\"margin: 0px 0px 15px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eToe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ŉ delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(102, 102, 102); line-height: 17.4px; font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eHans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.\u003c\/p\u003e","brand":"Hans du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40563518537906,"sku":"9780799386110","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/336123_60f5e06057d325.85873890_9780799386110.jpg?v=1673345613"},{"product_id":"as-dit-proe-soos-liefde","title":"As dit Proe Soos Liefde (Paperback)","description":"Lisa Steyn keer ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie. Dit was hý wat haar destyds Londen toe gestuur het sodat sy weg van Carel kon wees.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nToe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik ná haar ongeluk toe nie, maar ook emosioneel. Maar gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek te eis. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHaar huis in Italië wag op haar waarheen sy kan terugkeer sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas Assordante afgehandel is. Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann se pa wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol, en sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe ...","brand":"Didi Potgieter","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40571804287154,"sku":"9780799387803","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/166061_60f69283549d29.80083083_9780799387803.jpg?v=1683540697"},{"product_id":"anna-se-man","title":"Anna Se Man (Paperback)","description":"Sy gaan alles doen om sy hart te wen Anna se eerste dag by haar nuwe werk is 'n ramp. Sy beland in die swembad en haar redder is niemand anders as die man wat haar verwerp het nie. Die man wat sy mislei en verneder het. Haar tweelingsuster se eks, Derick. Twee jaar gelede het sy en Hannah plekke geruil. Goed, dit was nie die slimste plan nie, maar sy het nie beplan om hopeloos verlief te raak nie. Sy het ook nie beplan om sy hart te breek nie. Die pad na vergifnis en versoening is moeilik, maar sy is vasbeslote om hom te oortuig dat sy hom liefhet en dat hy die man vir haar is.","brand":"Ciska Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40571805565106,"sku":"9780639605821","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344545_60f68d2b1eda20.29078315_9780639605821.jpg?v=1683540700"},{"product_id":"roxy","title":"Roxy","description":"\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eJessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eOp haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.\u003c\/span\u003e\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cbr style=\"margin: 0px; padding: 0px; border: 0px; color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003e\r\n\u003cspan style=\"color: rgb(68, 68, 68); font-family: verdana, Tahoma, sans-serif; font-size: 12px;\"\u003eWanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .\u003c\/span\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40607995265202,"sku":"9780639607030","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/339352_60fa643b7e1303.60832315_9780639607030_8dce8ba9-4b30-4657-a3e4-3d240dca1eae.jpg?v=1678201943"},{"product_id":"uit-die-bloute-paperback","title":"Uit die bloute (Paperback)","description":"Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ŉ moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ŉ boogskutter op rolskaatse ŉ bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nToe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVir Ayla is haar verlede ŉ verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ŉ vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ŉ handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ŉ ander tameletjie.","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40641673494706,"sku":"9780799388947","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148494_610530f3e2db16.26201194_9780799388947.jpg?v=1673269270"},{"product_id":"maryke-se-sprokie","title":"Maryke se Sprokie","description":"\u003cp\u003eMaryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ŉ tamatiekissie word nie ŉ sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde, Gerhard, se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eDie laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eMaryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eGaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eMaar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?\u003c\/p\u003e","brand":"Tosca de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40744872509618,"sku":"9780620865111","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344891_6117a21fcab8b2.34719393_9780620865111.jpg?v=1640839089"},{"product_id":"n-liedjie-vir-anine-paperback","title":"'n Liedjie vir Anine (Paperback)","description":"Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBoonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAnine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40745356198066,"sku":"9780639607641","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344705_6116e7e7564c50.08986125_9780639607641.jpg?v=1673270617"},{"product_id":"op-n-turkse-tapyt","title":"Op 'n Turkse Tapyt","description":"Lienke se kêrel is nog nie gereed om te trou nie. Sy besluit om van die geleentheid gebruik te maak om alleen na Turkye en Griekeland te toer, soos wat bespreek was vir die verlowingsreis. Sy wil ’n gebedematjie vir haar aanstaande koop.\r\n\r\nVolgens legende gee ’n vrou glo die matjie aan ’n man om hom te oorreed om met haar te trou.\r\n\r\nOp die vlug ontmoet sy sexy Sebastian wat haar reis onmiddellik versuur met sy alewige geterg. Boonop is hulle heel toevallig in dieselfde toergroep. Sy gaan haar bes doen om hom en die vlinders in haar maag te ignoreer.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40745373958322,"sku":"","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/333294_6116e47910f523.28402480_9780639606224.jpg?v=1657276151"},{"product_id":"hart-van-kant","title":"Hart van kant","description":"Is daar vir hulle 'n toekoms? Amanda White se loopbaan as ontwerper is op dreef. Sy het al drie Steely Sisters se trourokke ontwerp en sy is self amper verloof. Daar is egter ŉ klippie in haar skoen: Clinton Anderson, die hardkoppige veearts wat sy deur die Steely Sisters leer ken het. Clinton red weggooi-perde omdat hy self ŉ weggooi-kind was. Hy soek nie hulp nie, veral nie van ŉ beeldskone vrou wat sy kop deurmekaarkrap nie. Die liefde is egter sterkter as vooropgestelde idees en die twee besef vinnig dat die aangetrokkenheid tussen hulle dalk tot meer kan lei. Maar Amanda is verloof en die wêreld wag in afwagting vir haar troue, en Clinton is steeds die man met die duister verlede. Is daar vir hulle 'n toekoms? Hart van kant is die vierde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Temas sluit in aanneming en disfunksionele gesinne - Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40772449894578,"sku":"9780639609669","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347993_611e1b8a03d3d6.09264241_9780639609669_903c05cf-8f26-4ac8-a6cf-fa6f01c14f65.jpg?v=1673271839"},{"product_id":"soeter-as-fudge","title":"Soeter as fudge","description":"ŉ Oomblik oor die lippe, ŉ leeftyd op die heupe. Jonette het nooit gedink sy sal iemand haat nie, maar Brink van Heerden haat sy soos sy destyds haarself gehaat het. En nou kom hy ná al die jare terug Kiepersolkop toe as haar werkgewer. Daarby het hy nie meer die vaagste benul wie sy is en wat hy aan haar gedoen het jare gelede nie. Sy wil bedank en weggaan maar telkens word haar planne in die wiele gery. Boonop blyk dit hy is ook nie meer dieselfde mens as wat sy hom onthou nie. Dié man dra deesdae sy eie donker rond. Teen haar kop se beterwete, vind haar verraderlike hart dit al hoe moeiliker om aan haar haat vir hom vas te klou. Maar hy sê hy stel nie daarin belang om haar geneentheid te wen nie, so dalk moet sy hierdie keer vir haar kop eerder as haar hart luister.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40789490270386,"sku":"9780639609706","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347995_611e40579b9f52.88506953_9780639609706.jpg?v=1673269829"},{"product_id":"omdat-alles-sin-maak-by-jou","title":"Omdat alles sin maak by jou","description":"Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir 'n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van 'n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op 'n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin. Hierdie is die laaste titel in Winckler se geliefde Omdat jy ... reeks.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40789496430770,"sku":"9780639609683","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347994_611e3fb30c75f7.41860094_9780639609683_c23fa533-87d9-492c-87b7-53270579c16a.jpg?v=1673270226"},{"product_id":"potlode-en-pinotage","title":"Potlode en pinotage","description":"Liefde is soos goeie wyn ...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSonja Fourie word geken as die kwaai onderwyseres en versorgende moederfiguur in haar vriendekring. Nes dit ’n goeie onderwyser betaam, is haar lewe rigied:\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nplanne, lysies, tabelle en boksies hou alles mooi op koers en sy maak seker elke woord wat oor haar lippe kom is suiwer Afrikaans. Deesdae begin iets egter krap. Haar veilige nessie en voorspelbare bestaan voel nie meer genoeg nie. Sy het haarself as kind belowe sy sal stabiele en standvastige lewe skep en dit is wat sy gedoen het, maar nou het sy haar bedenkinge.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWie is Ethan om haar te laat voel sy kan iets meer wees? Ethan Brooks het homself in Suid-Afrika kom vestig om te veg vir die behoud van sy erfenis. Deursettingsvermoë loop sterk deur sy are, maar hy besef ook dat dit alleen nie kan red wat verby bereddering is nie. Dan ontmoet hy vir Sonja, en hierdie kwaai juffroutjie laat hom anders na sy lewe en stryd kyk. Maar gaan hy vir hom ¬ gaatjie kan oopskrop in Sonja se reeds vasgestelde toekomsplanne","brand":"Louise van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40894662508722,"sku":"9781776350742","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/352845_61361614c81c95.45936760_9781776350742_fdbf6a3a-114a-4c24-9265-cb3ad936826d.jpg?v=1673270071"},{"product_id":"liefde-onbeperk","title":"Liefde onbeperk","description":"Hy is nie van plan om sy hart te verloor nie. Estelle dra steeds swaar aan die een groot fout wat sy in die verlede gemaak het. Daarby is sy ’n ekstrovert wat bitter swaar kry tydens inperking, terwyl sy ook nie haar beroep as skoonheidsdeskundige mag beoefen nie. Bernard kan van die huis af werk, maar die alleenheid van sy woonstel kry hom onder. Toe hy die kans kry, woon hy die braai by Estelle se suster-hulle by, hoewel hy goed weet dis onverantwoordelik. Wanneer hy siek word, gebruik hy die kans om by Estelle te gaan aansterk, aangesien sy by dieselfde partytjie was. Daar span hulle saam; haar sangtalent en sy tegnologiese kennis help om haar wanhopige finansies te beredder. Maar hy is nie van plan om sy hart op die vurige donkerkop te verloor nie.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41077757411506,"sku":"9780639607290","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344720_615554f0b773e8.80667141_9780639607290.jpg?v=1675322683"},{"product_id":"om-te-vlieg","title":"Om te vlieg","description":"Veg, vlug of vlieg?\r\n\r\nMeriet vlug uit Upington om te ontsnap van die hartseer van haar mislukte huwelik en kry werk op ’n wynplaas in die Paarl. Maar haar tyd op die plaas word versuur deur ’n gesofistikeerde Kapenaar in die kantoor. Die wynmaker, daarenteen, voel blykbaar net in die koue, steriele kelder tussen die wynvate tuis. Dis gek om aangetrokke te voel tot só ’n man.\r\n\r\nBoonop is alles nie pluis met die eienaar van die landgoed nie en Meriet moet fyntrap om nie haar eie toekoms op die spel te plaas nie.","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41077757706418,"sku":"9780639606088","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344721_615554496023e5.62327438_9780639606088_b046ab79-7aa1-4f32-9370-1c04d515cd11.jpg?v=1675322687"},{"product_id":"strandwolf","title":"Strandwolf","description":"Gaan haar verlede haar inhaal?\r\n\r\nMet haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug Tala Robberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewe gesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op ’n stranddorpie, Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op die dorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl ’n regte wildewragtigstrandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haar hart bokspronge laat maak.\r\n\r\nVoor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haar emosies is ’n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haar seun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verlede herhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal?","brand":"Wordsworth Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41077757903026,"sku":"9780639607351","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344722_615553ce1af9f6.35396854_9780639607351.jpg?v=1673518396"},{"product_id":"die-kersfeeslysie","title":"Kersfeeslysie, Die","description":"Dis baie moeilik om ŉ superma te wees Dis baie moeilik om ŉ superma te wees as jy enkellopend is. Elani Davis is ook nie die uitsondering nie. Berge skottelgoed, wavragte wasgoed en ’n baba is besig om haar onder te kry. Boonop kry sy nie die diens wat sy van Rent-a-nanny verwag nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIewers moet sy egter ’n streep trek en konfronteer die eienaar van die oppassers, Marion Pelzer. Wat toe nie ’n vrou is soos sy verwag het nie, maar ’n man. ŉ Baie, baie aantreklike man wat blykbaar niks van kinders weet nie. Elani gee hom ’n snipperige tikkie raad: As hy ooit ’n sukses van sy besigheid wil maak, moet hy liefs sy teikenmark leer ken. Marion aanvaar die uitdaging en toe Elani haar voordeur oopmaak, staan Marion op haar drumpel, gereed vir sy eerste les.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMarion vind gou uit dat dit alles behalwe kinderspeletjies is, maar hy besef ook hoe graag hy vir ewig oppasser in dié huis wil speel.","brand":"Dina Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41177687425202,"sku":"9781776354924","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/355122_6196699761af13.82711511_9781776354924.jpg?v=1673271538"},{"product_id":"n-man-in-my-kerskous","title":"Man in my Kerskous, 'n","description":"Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met ’n vrou...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBerna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was ’n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s’n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van ’n boek.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nRyno het ’n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIs dit net ’n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?","brand":"Madelie Human","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41177687687346,"sku":"9781776354948","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/355123_61974a34bb5a03.46903297_9781776354948.jpg?v=1673270475"},{"product_id":"in-sterre-geskryf","title":"In sterre geskryf","description":"Niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie ...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTessa Steyn is mal oor Kersfees. Soos in gaan-voluit mal: die musiek, die boom, die engeltjies, die kerse, die ligte, die klokkies, álles. Na ’n kort kuier in Johannesburg, vlieg sy George toe, die naaste lughawe aan Buffelsbaai waar haar mense elke jaar Kersfees hou. Aan die grompot langs haar in die vliegtuig, gaan sy haar nie steur nie. Gelukkig gaan sy hom nooit weer sien nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nVeearts Sias Reynecke haat Kersfees. Hy is net op die vliegtuig omdat sy suster ’n huis vir hulle twee vir Kersfees op Buffelsbaai gehuur het. Dis nou as hy daar aankom sonder om iets aan die irriterende beeldskoon vroumens wat langs hom in die vliegtuig beland het, te doen. Hopelik sien hy haar nooit weer nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar soos Tessa se ouma, Liesbet, verduidelik: Sommige dinge is reeds lank terug in die sterre geskryf en niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie.","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41177687851186,"sku":"9781776354900","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/355125_61966aa9ec1624.88252840_9781776354900_61d7d98b-311c-4784-bb32-d16d1f4c3d18.jpg?v=1673271684"},{"product_id":"helene-de-kock-keur-7-paperback","title":"Helene de Kock Keur 7 (Paperback)","description":"Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is. In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTwee lekkerleesverhale saamgebind in een boek om die nuwe jaar mee af te skop.","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41314439168178,"sku":"9780798182881","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/358404_619215b80d38a7.51441024_9780798182881.jpg?v=1676682390"},{"product_id":"die-hart-soek-wat-hy-soek","title":"hart soek wat hy soek, Die","description":"Die hart soek wat die hart soek.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nElizma Victor werk baie hard om vir haar jong seun, Luka, ŉ goeie ma te wees en om hom te beskerm. Hulle huisie by die see behoort hom veilig te hou van die lelik in die wêreld wat haar al vir jare teister. Sy sal seker maak hy word nie blootgestel aan hartseer of swaarkry nie. En Luka gaan nooit, ooit sy pa ontmoet nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nŉ Werksgeleentheid lok Elizma Hermanus toe. Die misterieuse skrywer, Zander Adlam, wil hê sy moet drie van sy boeke vertaal, maar sy weet niks van die man af nie. Hy is ŉ hermiet en lyk haweloos, maar sy kon haar nie voorberei op hoe bekend sy oë is nie. Alexander Adendorff, Luka se pa en haar jeugliefde, het haar weer gevind en dis asof die jare se seer verdwyn soos seeskuim. Hierdie keer sal sy egter nie vir sy sjarme val nie. Sy moet haar hart verhard, hom op ŉ afstand hou en fokus op haar werk. Sy moet ook haar kind van hom weghou. Maar die hart soek wat hy soek ...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHier is René weer op haar beste; snaaks en diepsinnig, met karakters wat jou bybly lank na die laaste blad. Die boek ondersoek die tema van tienerswangerskap met deurnis en sensitiwiteit.","brand":"Rene van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41512819523762,"sku":"9781776351879","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/361252_620221a6ab7a50.32269763_9781776351879_ce4a9db1-2bf4-42ca-ba87-82dc76b281b7.jpg?v=1673271825"},{"product_id":"meer-as-net-n-nag","title":"Meer as net 'n nag","description":"Sy's nie die tipe om te wag nie ...\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNá Sureya haar loopbaan as plusgrootte model prysgegee het om haar eie reisagentskap te begin, wys sy vir haar verloofde ook sommer die deur. Die man se oog gly te maklik en sy sien nie kans vir 'n huwelik vol verwyt nie. Nou begelei sy 'n groep ouer dames op 'n seereis aan boord die legendariese skip, Botanical, onder leiding van die bekwame en begeerlike kaptein, Chris Chandris. Dié aantreklike Griek laat knieë lam oral waar hy gaan, maar hoe is dit dan dat hy so gereeld oor Sureya se pad kom? Is die kaptein net 'n kansvatter, of skuil daar iets meer agter sy belofte dat hy haar eendag gaan soen? Sureya is lankal nie meer die tipe om te wag vir eendag nie.","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41512819687602,"sku":"9781776351732","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/361253_61f3c4dd8ba799.71914774_9781776351732_60ca0057-f5f6-4878-9e1e-5e02d483d9c6.jpg?v=1673277520"},{"product_id":"in-die-naam-van-liefde","title":"In die naam van liefde","description":"As haar sprokiesverhaal 'n gelukkige einde gaan hê, sal sy daarvoor moet baklei.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nNá tien jaar daag Romain weer op by Kleinroosboom, die plaas waar Fleur met haar stiefma en twee stiefsusters bly. Fleur is steeds verlief op hom, maar Romain wil skynbaar net die magiese bos hê waar Fleur nou al jare bly, en hy is bereid om met enigeen van die drie dogters te trou om dit te kry.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMet die hulp van 'n towerstaf wat haar pa lank gelede vir haar gegee het, moet Fleur keer dat Romain nie met Danica of Nikita trou nie, dat sy haar bos behou, en ook haar grootse geheime bewaar. Maar haar stiefma, Amelda, pers haar af. Sy verwag dat Fleur vir Romain oortuig om met Amelda self te trou, anders gaan sy Fleur se geheim verklap. As sy 'n gelukkig einde wil hê, weet Fleur dat sy daarvoor sal moet baklei.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nHierdie is die tweede fantasie uit dié skrywer se pen. Haar eerste fantasieverhaal, Onmoontlike droom, het in 2019 verskyn. Dié keer is daar nie vampiere betrokke nie, en sy skryf eerder 'n moderne feëverhaal waar towerkragte help om harte te wen.","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41512819818674,"sku":"9781776351794","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/361254_6202217a3ecf26.48540760_9781776351794.jpg?v=1673518345"},{"product_id":"lelies-vir-louisa-paperback","title":"Lelies vir Louisa (Paperback)","description":"Kan ’n saffier mens na jou herkoms lei?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nLesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIn Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ’n kinderhuisstoep gelos met ’n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie. Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ’n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ’n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.","brand":"Rosita Oberholster","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41592872403122,"sku":"9780799389845","price":165.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347870_61ea8ab1ca4f29.87473710_9780799389845.jpg?v=1657272741"},{"product_id":"n-man-vir-altyd-paperback","title":"Man vir altyd, 'n","description":"Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Marilé Cloete se vorige Romanzas, Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord. Man van min woorde: Francesca begeer ’n Duitse herdershond, maar Henri van der Merwe dink nie sy’s ’n geskikte baas nie. Sy sál ’n hond kry, besluit sy, maar sy moet verbete keer dat Henri agterkom sy wil hom ook hê. Man met ’n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Al is hy ’n haastige man. Maar selfbeheersing, ontdek Lukas Bezuidenhout, is ’n moeilike ding. En ’n harder hardekwas as Mignon kry jy nie. Man van sy woord: Ná twintig jaar is Lourens terug om sy regmatige plek in sy dogter se lewe in te neem. Maar wat van Bianca? Kan hy verwag dat sy die seer van die verlede vergeet en nuut begin?","brand":"Marile Cloete","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41592873058482,"sku":"9780799385403","price":149.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347878_611f69b0df3d47.45834811_9780799385403_8a630762-5462-4533-9738-f91a7c7b0278.jpg?v=1673270539"},{"product_id":"reis-deur-die-hart-paperback","title":"Reis Deur Die Hart (Paperback)","description":"Liefde en spanning verweef\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nArriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\n’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame\/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAlles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?","brand":"Leandra Naude","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41592873353394,"sku":"9780799390094","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/148510_611aa4f573a448.26670558_9780799390094.jpg?v=1667985036"},{"product_id":"liefde-op-petit-paris-paperback","title":"Liefde op Petit Paris (Paperback)","description":"In die ou Kaap de Goede Hoop stap ’n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou ’n weeskind in ’n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook ’n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap ’n nuwe begin kom maak het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nAragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans – dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is – en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hê nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie. Boonop hang die swaard van ’n huwelik met sy neef oor haar kop.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDit is ook nie net Royale wat besef wat ’n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie en die ander vrou, Amalia het ’n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar ...","brand":"Frenette van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41592974246066,"sku":"9780799387131","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347872_611f5518adc012.50374927_9780799387131.jpg?v=1673518451"},{"product_id":"vlindervlerke-paperback","title":"Vlindervlerke (Paperback)","description":"Madagaskar is Ilana se volgende bestemming, waar sy foto’s van modelle gaan neem. Al wat sy nog moet afhandel, is ’n ontmoeting met die vlieenier van ’n privaat vliegtuig wat haar en een van die modelle soontoe sal neem. Dit is in hierdie stadium wat sy ’n onaangename verrassing in haar en haar verloofde se woonstel kry en die verlowing summier beeindig voor sy die vliegtuig haal. Maar die noodlot werk nie saam nie en Madagaskar is nie waar die ligte vliegtuig met Ilana, ’n model en die vlieenier neerstryk nie. Dit het verreikende gevolge ... Terug in Suid-Afrika het Ilana meer as net haar verbreekte verlowing om te hanteer. Ou beloftes, haar voog se verswakte gesondheid en ’n sameloop van omstandighede bring haar onder die besef dat sy nie anders kan as om die verlowing te heroorweeg nie. Die verwikkeling pas glad nie in by die gevoel wat sy en die vlieenier vir mekaar begin ontwikkel het nie maar dit lyk nie asof sy ’n keuse het nie. En so kom haar troudag al hoe nader terwyl haar hart huil oor ’n man wat haar hele lewe verander het. Ilana gaan blykbaar die onwillige verloofde bly wat byna van buite toekyk hoe haar toekomsdrome ineenstort.","brand":"Anna Penzhorn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41592976408754,"sku":"9780799385243","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/347923_611681710f0116.00127014_9780799385243_e6b7c43b-2cdc-4676-9901-b5261834448e.jpg?v=1667985145"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/Jo-and-Sue-Wordsworth-2020-x-350_4603625e-fd13-4a8d-bc58-7c604c75ae21.jpg?v=1780657699","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/romanse.oembed?page=4","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}