{"title":"Sunel Combrinck","description":"","products":[{"product_id":"hartklop-paperback","title":"Die Ontwaking van Winter 1: Hartklop (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDie dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn dan is daar Colden Breakspear. Die donkerkop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003ciframe width=\"560\" title=\"YouTube video player\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/OrYODI8L6ro\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\"\u003e\u003c\/iframe\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Sunel Combrinck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41955322233010,"sku":"9781776354412","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/373621_627e7168377510.13627498_9781776354412_7434e722-50da-4929-b8a8-bae0cf997211.jpg?v=1682172641"},{"product_id":"die-ontwaking-van-winter-1-n-beeldskone-nagmerrie","title":"Die Ontwaking van Winter 1: 'n Beeldskone Nagmerrie (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDie storie voor die storie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVoor die ontstaan van Tír na hÓige, die fae-ryk, was die fae as slawe en gevangenes van die mense aangehou. In hierdie tyd word daar ’n profesie gemaak: ŉ Faedogter sal gebore word uit beide die Winter- en Somerryk. Sy sal die enigste een wees met die vermoë om haar opeising as Volbloedfae te stop en sal ook kan kies aan watter ryk sy opgeëis word. Sy sal met die menskoning trou en oor mense heers waarna sy alle mense sal uitwis.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMelody is die kind van die profesie. Sy word groot as wisselkind; ’n faedogter wat tussen mense grootgemaak word. Toe Melody die mense se troonprins, Donohue, ontmoet lyk dit of haar toekoms reeds uitgelê is. Gaan sy die pad van die profesie loop, of wag daar ’n ander toekoms op haar?\u003c\/p\u003e","brand":"Sunel Combrinck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42782210326706,"sku":"9780637001472","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/388836_63c5d87a799f68.55966759_9780637001472_1bac1a04-8055-454f-91a3-eaa00242282f.jpg?v=1680770472"},{"product_id":"sneller-paperback","title":"Sneller (Paperback)","description":"Een oomblik. Twee mense. Drie skote. In ’n oogwink kan alles verander. Inneke ontmoet vir Logan op haar eerste dag by haar nuwe skool. Daar is onmiddellik ’n vonk tussen die twee. Dit neem nie lank voordat hulle dolverlief op mekaar is nie. Maar Inneke het ’n geheim. Een wat alles tussen haar en Logan kan vernietig, want sosiale media het ’n ernstige verwoestende kant. Dit stel dalk net iemand uit haar verlede in staat om haar op te spoor by haar nuwe skool. Is Inneke en Logan se liefde sterk genoeg om ’n donker geheim te weerstaan? Kan Inneke ongeskonde van haar verlede ontsnap of is dit ’n sneller wat wag om af te gaan?","brand":"Sunel Combrinck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43496770371762,"sku":"9780637004442","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780637004442.jpg?v=1712925789"},{"product_id":"ontwaking-van-winter-die-noodlot","title":"Ontwaking van Winter: Die Noodlot (Paperback)","description":"\u003cp\u003eNa die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so ’n slegte toekoms vir haar sal inhou.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eZander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en ’n nuwe tuiste te vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e“Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar ’n teiken op julle rûe.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!\u003c\/p\u003e","brand":"Sunel Combrinck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44529254039730,"sku":"9780637005609","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780637005609.png?v=1727787545"}],"url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/sunel-combrinck.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}