Skip to content

Weerlig Oor Mtwana

by Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624092407
Product in Stock: Yes
Original price R 185.00 - Original price R 185.00
Original price R 185.00
R 185.00
R 185.00 - R 185.00
Current price R 185.00
Add to Wishlist
“Amper veertien? Dis 'n gevaarlike ouderdom, ” sê Sylvie doer uit Nederland. “Dis die tyd van die weerlig. Die coup de foudre, soos die Franse sê. Dis die weerlig wat jou tussen die oë slaan, as jy dit die minste verwag.” Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy weg is koshuis toe nie. Fen bel nie, hy stuur nie boodskappe nie, hy kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken is hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis. 'n Boelie gryp Fen se foon en 'n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock Brennan, se neus. En toe Mieke haar oë uitvryf, is Fen én Jock geskors. Hulle straf is twee weke se harde arbeid op Mtwana. Wanneer Jock op Mtwana aankom, is die vet in die vuur. Mieke ervaar vir die eerste keer in haar amper veertien jaar daardie weerligstraal tussen haar oë . . .

x