{"title":"Voortreflike Afrikaanse Verhale","description":"","products":[{"product_id":"heelal-op-my-tong-bc","title":"Die heelal op my tong","description":"\u003cp\u003eElkeen het 'n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eWillemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op 'n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld 'n kluis in 'n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor 'n afgrond te boender.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eVoor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos 'n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is 'n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees en te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as 'n grondeis. 'n Ma wat\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003epaniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en 'n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eDie is ook die storie van Pa. Hulle pa. 'n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou.\u003c\/p\u003e\n\n\u003cp\u003eVan Kaapstad na San Francisco en 'n dwelmdieet in Sri Lanka - met ontvoerings, partytjies, 'n seksles in Hongkong se hawe en 'n onvermydelike ontmoeting met 'n onbekende man - tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos 'n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.\u003c\/p\u003e","brand":"Penguin Random House South Africa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310668492978,"sku":"1485904102","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/25446_62f9f807050d53.48903504_9781485904106_2b6dc90b-bea6-47eb-b730-04d4cc043a53.jpg?v=1678720395"},{"product_id":"dinge-van-n-hond","title":"Dinge van 'n Hond (Paperback)","description":"Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nJan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ’n erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ’n bestaan moet maak.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.","brand":"S.P. Benjamin","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312740741298,"sku":"9781485903314","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/25435_62f9f8c33e3fa3.39613358_9781485903314.jpg?v=1660549789"},{"product_id":"die-seepunt-insident","title":"Die Seepunt-Insident (Paperback)","description":"Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nPrivaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nDie moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.","brand":"Gerhard Greyvensteyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40581185634482,"sku":"9781485904205","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344208_60f7ce66764556.43288158_9781485904205.jpg?v=1660554277"},{"product_id":"vier-susters","title":"Vier Susters (Paperback)","description":"Op Broedersdraai tree vier susters aan vir ’n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nIvy, die jongste, smag na ŉ onbevange lewe, ŉ ander werklikheid waarin haar liefde vir ŉ vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nSophié staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nBeatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTerwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nMaar dit is die koms van Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nGerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.","brand":"Gerda Taljaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40608060997810,"sku":"9781485904700","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/329382_60f9848f1750b3.07602724_9781485904700_b14539fd-e416-4685-bce0-443edaffb3e5.jpg?v=1677841806"},{"product_id":"om-beter-te-kan-moor-paperback","title":"Om Beter te Kan Moor (Paperback)","description":"Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen die tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar 'n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van 'n seun 'n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nWanneer die lyk van 'n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met 'n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nOp Coetzersdal word kaptein Andre Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hy ontvang vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?\u003cbr\u003e\r\n\u003cbr\u003e\r\nTussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies haar kriewelrig maak nie.","brand":"Christelle van Rooyen-Wessels","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41651479806130,"sku":"9781485904717","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/330257_620ce61b451d95.59260413_9781485904717_af51e856-2449-432d-b629-d7f352275a63.jpg?v=1658996699"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/collections\/202208_VoortreflikeAfrikaanseVerhabe_banner.jpg?v=1660549317","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/collections\/voortreflike-afrikaanse-verhale.oembed","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}