Skip to content

Helde van Suid-Afrika 2

by Wordsworth Books
ISBN: 9780799389210
Product in Stock: Yes
Original price R 149.99 - Original price R 149.99
Original price R 149.99
R 149.99
R 149.99 - R 149.99
Current price R 149.99
Add to Wishlist
Ware heldeverhale – perfek vir beginnerlesers.

 

Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ’n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:

1. Sultan, die koning van sy baas se hart

Sultan is ’n dapper hond wat sy baas gered het toe hy op ’n dag deur ’n elektriese kabel geskok is.

2. Die bushelde van Westdene

In 1985 beland ’n skoolbus in ’n rivier – en terwyl die bus in die water wegsink, word ’n paar skoolkinders helde.

3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop

’n Onskuldige skoolseun se dood het wêreldnuus geword – en gehelp om ’n einde aan die gruwels van apartheid te maak.

4. Duisend kilometer deur die wildernis

Ontmoet die dapper John Ross wat selfs koning Sjaka se respek gewen het nadat hy meer as 1 000 kilometer deur die wildernis gereis het om hulp vir sy mense te ontbied.

5. Kaalvuis teen tonne rots

Ná ’n rotsstorting in die City Deep-myn het Richard Simelane besluit om nie moed op te gee nie – hy het die rots met sy kaal hande begin weggrawe.

6. Klara Majola, kind van die kapok

Een stormnag het ’n dogtertjie genaamd Klara Majola die ysige koue van die Koue Bokkeveld getrotseer om haar blinde pa te gaan soek.

Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

x