Afrikaans Fiksie

Showing 1–12 of 116 results

  • ‘n Skerfie Glas – Erika Murray-Theron

    0 out of 5
    R195.00

    Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wêreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie?

  • 1795 – Dan Sleigh

    0 out of 5
    R320.00

    Sleigh sluit sy skrywersloopbaan af met hierdie meesterwerk wat handel oor die laaste maande aan die Kaap onder die bewind van die VOC. William van Oudshoorn, seun van ‘n goewerneur en erfgenaam van voorspoed, staan voor ‘n waterskeiding in sy lewe.

  • 7 Dae – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. Só lui die dreigbrief aan die SAPS.

  • Aankoms En Vertrek – Pat Stamatélos

    0 out of 5
    R230.00

    Stamatélos se nuutste boek sal haar lesers nie teleurstel nie. Sy het ‘n kenmerkende styl waarmee sy ‘n ligte aanslag gebruik om ernstige lewenskwessies in die kollig te plaas. Hierdie verhaal handel grootliks oor ‘n broer en suster wat nie net hul eie spoke konfronteer nie, maar ook met mekaar moet vrede maak.

  • Adrenalien deur Leon van Nierop

    0 out of 5
    R240.00

    Leon van Nierop kom hier met ‘n fassinerende verhaal vorendag. Gustaf Prinsloo het ‘n treffer-riller geskryf en dring daarop aan om self die draaiboek te skryf vir die film wat daarvan gemaak gaan word. Hy het egter ‘n probleem: sy muse werk slegs as sy adrenalienvlakke hemelhoog is. Sy vrou, Elisma, het in daardie behoefte voorsien, maar nou het sy hom gelos. Dit pas hom dus hom goed as die filmvervaardiger hom na ‘n afgeleë Bosveldoord stuur om sy draaiboek te gaan skryf. In die vervalle geboue hou oorgenoeg spoke om sy adrenalien te laat vloei. Dan kry hy ook lukrake besoeke van die sexy Astrid, wat ‘n onwelkome oog oor sy draaiboek hou. Gustav kan moeilik onderskei tussen die spoke wat hom treiter en die realiteit, maar hier is genoeg adrenalien om sy draaiboek te laat vorder. Daar wag egter ‘n verrassing of twee in die ontknoping van die storie…

  • Alles begin met Anna – Annemari Coetser

    0 out of 5
    R280.00

    Coetser het uit haar eie familiegeskiedenis geput vir haar nuutste roman. Die hoofkarakter is gebaseer op Coetser se ma, Poppie. Sy is ’n lewenslustige jong vrou wie se vooruitsigte op ’n normale gesinslewe ’n groot knou kry wanneer sy die wrede waarheid oor haar ma, Anna, uitvind. Anna speel dus ook ’n kernrol in die verhaal.

  • Ballade van Robbie de Wee En Ander Verhale – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Dié versameling was só gewild dat dit keer op keer herdruk is.

  • Blinde Gode – Dibi Breytenbach

    0 out of 5
    R285.00

    Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word?

  • Brandwaterkom Deur Alexander Strachan

    0 out of 5
    R240.00

    Die belofte wat Strachan met sy eerste roman, Dwaalpoort, getoon het, word verwesenlik in Brandwaterkom. Dit is een van die interessantste aanbiedings van historiese gegewens wat ek nog gelees het. In die hoofstorie figureer S.G. Vilonel, prokureur van Senekal, aanvanklik ‘n boere-kommandant in die ABO maar uiteindelik veroordeelde joiner. Toe generaal Prinsloo met 4000 boere-vegters in die Brandwaterkom vasgekeer was, was Vilonel die man wat die brief van oorgawe na die Britse owerstes gebring het. Maar daar is verskillende vertellers in die roman, en elkeen wil sy/haar verhaal op die voorgrond druk. Esther van Emmenes woon tydelik in die Brandwaterkom om deegliker navorsing oor die plaaslike gebeure tydens die ABO te kan doen vir haar tesis. Catharina Venter – wel, waar pas sy in die prentjie? Is sy werklik besig om Esther en Bullet te manipuleer sodat háár verhaal vertel kan word? En Bullet self; sy oorlogverhaal moet ook vertel word – altans, daar is ‘n verteller wat so dink. En hoe suiwer is elke verteller se motiewe? Eindelik lees ons vier stories wat met groot vaardigheid deur die bobaasverteller – Strachan self – in mekaar gevleg is.

  • Die Bergengel – Carina Stander

    0 out of 5
    R220.00

    Fantasie en wetenskapfiksie is nie volop in die Afrikaanse volwasse literatuur nie.

  • Die Bewaker – Marguerite Poland

    0 out of 5
    R235.00

    As vuurtorings vir jou, soos seker vir die meeste van ons, ‘n vae assosiasie van romantiek dra, dink weer! Hannes Harker, vuurtoringwagter op ‘n afgeleë eiland, herstel in die hospitaal van beserings nadat hy in die toring geval het. Hy vertel sy lewensverhaal stuk-stuk aan Rika, sy saalsuster. Die eiland is ‘n kosmos in die kleine; ‘n mens sou nie kon dink dat soveel intrige moontlik is op die klein, afgesonderde rots in die see waar slegs ghwanowerkers en vuurtoringpersoneel woon nie. Soos sy pa voor hom, lééf Hannes vir die vuurtoring met al die onwrikbare reëls en taboes wat daarmee gepaard gaan. Intussen wroeg sy vrou Aletta om die afsondering te hanteer. As ‘n individualis wat altyd die status quo uitdaag, is die verbanning op die eiland vir haar te veel. Die egpaar se storie is terselfdertyd die uitvloeisel én ‘n herhaling van dié van Hannes se ouers voor hulle op die eiland. Aletta is egter van ander stoffasie gemaak as Hannes se ma en hul verhaal speel gevolglik anders af. Marguerite Poland is ‘n ervare skrywer wat haar fyn waarnemingsin en insig in die menslike natuur duidelik laat blyk in die roman. Dit is die eerste keer dat ‘n boek van haar in Afrikaans verskyn.

  • Die Daggaboer – Jean-Pierre de Kock

    0 out of 5
    R265.00

    Jean-Pierre de Kock slaag met sy debuutroman daarin om geheimsinnigheid te skep rondom ’n gegewe wat normaalweg bloot vervelig is. Die karakter Lennert Loots word voor die leser oopgevlek – elke gedagte, handeling en emosie word blootgelê – en tog bly hy jou ontwyk.