Afrikaans Fiksie

Showing 25–36 of 116 results

  • Die Rooikop En Die Redakteur – André P. Brink

    0 out of 5
    R240.00

    André P Brink is een van die skrywers wat Afrikaans “op die map” geplaas het. Hy het bekendheid verwerf as een van die Sestigers, ’n groep Afrikaanse protesskrywers wat hulle onder andere teen apartheid beywer het.

  • Die Skaalmodel – Anneli Groenewald

    0 out of 5
    R240.00

    Juffrou Visagie, argivaris van die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp, staan aangekla: pligsversuim, wanbesteding, verwoesting van die museum se tuin en vriendskap met bedenklike karakters. Haar groot projek om ‘n skaalmodel van die onteiende stranddorpie Skipskop te maak en in die museum uit te stal, het boonop in tragedie geëindig. In Bredasdorp is dit ‘n baie ernstige saak en sy moet verantwoording doen voor die voorsitter van die Museumraad. Juffrou Visagie is in baie opsigte ‘n tipiese oujongnooi; onder andere het sy ‘n pedantiese sin vir orde en beplanning. Daarom besweer sy die klagtes een vir een met volledige vertellings, aangevul met bewyse – elke kwitansie, elke brief, die geringste dingetjie wat in die afgelope elf jaar in daardie museum gebeur het, is netjies in lêers gebêre. Dié debuutroman waarmee Anneli Groenewald NB se Groot Romanwedstryd 2015 gewen het, gooi die kollig nie net op die tragiese geskiedenis van Skipskop nie, maar ook op die stryd om voortbestaan wat baie museums voer.

  • Die Skilpad Se Laaste Traan – Carol Campbell

    0 out of 5
    R240.00

    ’n Jong vrou vlug vreesbevange deur die Karoolandskap, kaalvoet en bebloed. Sy het net een doel: om by Seekoegat Primêr te kom waar sy weet sy ’n veilige hawe sal vind by Ant’ Esme.

  • Die Taal van Been deur Heilna du Plooy

    0 out of 5
    R240.00

    Carolien is ‘n suksesvolle kunstenaar en kunsdosent wanneer sy een dag ‘n TV-program sien wat handel oor die rekonstruksie van skedels vir patologiese doeleindes. Dit ruk haar gedagtes terug na ‘n insident 15 jaar tevore, wat deurslaggewend was in die identiteitskrisis waardeur sy gegaan het nadat sy by haar werk afgelê is. Soos wat sy nou daardie tyd onthou en deurdink, laat dit haar weer bestek neem van haar lewe: haar worsteling om sin en doel in haar lewe te sien, haar verwesenliking as kunstenaar en haar stram verhouding met haar man, Frans. Daardie insident het die geldigheid van haar bestaan help bevestig – waarom het sy dan nog nooit vir Frans die volle waarheid vertel nie? Heilna du Plooy se debuutroman gaan nadenkend om met kwessies soos regstellende aksie, politieke verwikkelinge in Suid-Afrika, kuns, en die bestaansreg van mense wat nie-praktiese beroepe soos (kuns) boefen.

  • Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak – Annie Klopper

    0 out of 5
    R245.00

    Een blik op die pienk-en-blou buiteblad van dié roman is genoeg om jou te laat besef dis nie ’n storie wat ernstig opgeneem moet word nie. Dis ’n vrolike, hip liefdestorie, gemik op die jonger leser wat die vermaaklikheidswêreld ken en gemaklik is met kru taal.

  • Die Verevrou – Jan van Tonder

    0 out of 5
    R295.00

    Uit die pen van die skrywer van Roepman kom ’n sage wat strek oor dekades en verskuif van Algerië na Parys, Frankryk, om later in De Rust en Oudtshoorn sy laaste lê te kry.

  • Die Vrou Met Die Blou Mantel – Deon Meyer

    0 out of 5
    R220.00

    Christmas Choice 2017

    Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

  • Die Vrou Van Die Klipsee – Meg Vandermerwe

    0 out of 5
    R265.00

    Vir Hendrik die kreefsmous is elke dag dalk die dag waarop hy Rebekkah weer gaan sien. Vyf jaar al is die hoop dat sy vrou gaan terugkom al wat hom aan die gang hou. Dit, en drank. Maar een dag maak hy ’n ontdekking wat sy lewe ingrypend verander.

  • Die wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden

    0 out of 5
    R350.00

    Weereens het Van Heerden ‘n verhaal geskryf wat op vele vlakke funksioneer en bevolk is met ‘n verskeidenheid karakters. Tian Kilian het die eerste klompie jare van sy lewe geborge op ‘n Karooplaas deurgebring – totdat die Chinees Charlie Oeng ‘n vuurwerkvertoning op die werf kom hou het.

  • Die Wonderwese – Carina Stander

    0 out of 5
    R250.00

    Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome, het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie.

  • Dieretuin – François Bloemhof

    0 out of 5
    R275.00

    Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin.

  • Doodsengel – Madelein Rust

    0 out of 5
    R315.00

    Is dit ’n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het.