Afrikaans Fiksie

Showing 37–48 of 104 results

  • Ek, Ek, Ek! Herken En Hanteer Narsiste – Riette Rust

    0 out of 5
    R204.00

    In ons tyd word sielkundige versteurings geredelik gediagnoseer en behandel. Narsisme, oftewel oordrewe selfliefde, is een hiervan – en een wat ongelukkig aangemoedig word deur ‘n kultuur van selfverheerliking op sosiale media. Na oorweldigende reaksie op ‘n tydskrifartikel en ‘n radioprogram het Riette Rust besef dat die behoefte aan kennis en hulp groot is, en besluit om hierdie boek te skryf.

  • Elim – Helena Hugo

    0 out of 5
    R195.00

    Elim volg op Mispa, wat in 2016 verskyn het. Teen die agtergrond van die boerelewe in die laat negentiende eeu, droogte en die naderende bedreiging van rinderpes, gaan die Bassons se lewe aan. Caroline en meester Elie bly op Mispa met die daaglikse verantwoordelikhede rondom kinders en die plaas, terwyl droogte Willem noop om met die skape te trek vir weiding.

  • Feniks – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    Kaptein Mat Joubert moet ’n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ’n laksman.

  • Fotostaatmasjien – Bibi Slippers

    0 out of 5
    R200.00

    Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat.

  • Gifbeker – Irna van Zyl

    0 out of 5
    R231.00

    Wanneer ’n kosblogger ’n gifdood sterf in Zebardines, die restaurant waar speuradjudant Storm van der Merwe saam met haar vriendin Kat uiteet, kan sy nie raai watter byenes hierdeur oopgekrap gaan word nie.

  • Goud Kan Nie Roes Nie – Paul-Constant Smit

    0 out of 5
    R230.00

    Con Slaughter is ‘n enigma; ‘n man van die veld wat kan skiet soos ‘n Amerikaanse cowboy. Maar waar kom hy vandaan?

  • Hans Steek Die Rubicon Oor – Rudie van Rensburg

    0 out of 5
    R220.00

    Christmas Choice 2017

    Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ‘n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone.

  • Huisies Van Papier – Dalena Theron

    0 out of 5
    R200.00

    Anna, 22-jarige joernalis by die plaaslike koerantjie, woon op die Kwazulu-Natalse platteland by haar pa’s. Ja, die meervoud is korrek, want haar pa is gay en woon al jare lank saam met sy lewensmaat. Hy het ook ‘n ernstige hartprobleem en is ‘n diabeet. Hy laat hom egter nie hierdeur afskrik van sy kettingrokery en alkoholmisbruik nie. Anna probeer terselfdertyd haar eie voete vind en verantwoordelikheid dra vir haar pa se gesondheid – ‘n baie moeilike balans om te handhaaf. Voor jy nou besluit om tog net nie dié boek te lees nie, kan ek jou gerusstel – dit is glad nie swaarmoedig nie! Die pa’s – en Anna se ma – is eksentrieke karakters wat die snaaksste goed aanvang. Hul menagerie van honde en katte het almal Bybelname en is soos orige kinders in die huis. Anna het lagwekkende en liefdevolle herinneringe van haar kinderjare. Die waarde van dié boek lê nie in ‘n ingewikkelde storielyn nie, maar in die pret van die reis.

  • Ikarus – Deon Meyer

    0 out of 5
    R270.00

    Die volgende episode in die Bennie Griessel-dossier is hier! Ons held swig helaas weer voor sy nemesis, die drankduiwel. Miskien hierom dat kaptein Vaughn Cupido in bevel geplaas word van die ondersoek na die moord op Ernst Richter, en nie Bennie nie. Ernst Richter was die stigter van Alibi.co.za, die omstrede Suid-Afrikaanse webwerf wat mense wat die kat in die donker wil knyp, van alibi’s voorsien. ‘n Hoëprofielsaak, dus. Soos die ondersoek vorder en dit lyk asof Bennie sommer heeltemal aan die bottel oorgegee het, wil dit ál voel of hy ‘n mindere karakter in hierdie boek is. Tog kom mens met verligting agter hy het nie sy slag verloor nie; sy intuïsie lei hulle nog steeds na belangrike leidrade. En wanneer sy bydrae die deurslag gee in die ontknoping van die saak, weet ons: van Bennie het ons nog lank nie die laaste gehoor nie!

  • Immer Wes deur Irma Joubert

    0 out of 5
    R230.00

    Hildegard se lewensloop word deur oorloë bepaal. Eers vlug haar adellike gesin voor die Bolsjewiste van Rusland na Pole en ‘n paar jaar later volg die Eerste Wêreldoorlog. Tog lei sy nog die bevoorregte lewe van ‘n lid van die adelstand. Die Tweede Wêreldoorlog het egter nie respek vir stand nie – sy ly dieselfde lot as almal wat in Europa vasgekeer is in hierdie onheilstyd. Na die oorlog bring nood haar na Suidwes-Afrika met haar vyfjarige dogtertjie. Hier vind sy eindelik vrede. Hierdie eerste boek van ‘n trilogie laat mens diep onder die indruk van die kwesbaarheid van vroue en kinders.

  • Infanta – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    “My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.”

  • Isabella – Mariël le Roux

    0 out of 5
    R280.00

    Soos Klara, vertel Isabella die lewensverhaal van die tragiese uitdagings in die lewe van ‘n gewone vrou. Isabella ontmoet haar man in haar eerste jaar op Stellenbosch en gee haar verpleegstudies prys om hul getroude lewe saam met hom op ‘n Noord-Kaapse myndorp te slyt.