Afrikaans Fiksie

Showing 49–60 of 114 results

  • Hond Se Gedagte – Kerneels Breytenbach

    0 out of 5
    R320.00

    Dit is rugbywêreldbekerjaar, en Springbokrugby het sinoniem geword met Christenskap. Die enigste geleentheid wat groter skares na die stadions lok as die Bokke se wedstryde, is die einste Bokke se getuigdienste agterna.

  • Huisies Van Papier – Dalena Theron

    0 out of 5
    R200.00

    Anna, 22-jarige joernalis by die plaaslike koerantjie, woon op die Kwazulu-Natalse platteland by haar pa’s. Ja, die meervoud is korrek, want haar pa is gay en woon al jare lank saam met sy lewensmaat. Hy het ook ‘n ernstige hartprobleem en is ‘n diabeet. Hy laat hom egter nie hierdeur afskrik van sy kettingrokery en alkoholmisbruik nie. Anna probeer terselfdertyd haar eie voete vind en verantwoordelikheid dra vir haar pa se gesondheid – ‘n baie moeilike balans om te handhaaf. Voor jy nou besluit om tog net nie dié boek te lees nie, kan ek jou gerusstel – dit is glad nie swaarmoedig nie! Die pa’s – en Anna se ma – is eksentrieke karakters wat die snaaksste goed aanvang. Hul menagerie van honde en katte het almal Bybelname en is soos orige kinders in die huis. Anna het lagwekkende en liefdevolle herinneringe van haar kinderjare. Die waarde van dié boek lê nie in ‘n ingewikkelde storielyn nie, maar in die pret van die reis.

  • Ikarus – Deon Meyer

    0 out of 5
    R270.00

    Die volgende episode in die Bennie Griessel-dossier is hier! Ons held swig helaas weer voor sy nemesis, die drankduiwel. Miskien hierom dat kaptein Vaughn Cupido in bevel geplaas word van die ondersoek na die moord op Ernst Richter, en nie Bennie nie. Ernst Richter was die stigter van Alibi.co.za, die omstrede Suid-Afrikaanse webwerf wat mense wat die kat in die donker wil knyp, van alibi’s voorsien. ‘n Hoëprofielsaak, dus. Soos die ondersoek vorder en dit lyk asof Bennie sommer heeltemal aan die bottel oorgegee het, wil dit ál voel of hy ‘n mindere karakter in hierdie boek is. Tog kom mens met verligting agter hy het nie sy slag verloor nie; sy intuïsie lei hulle nog steeds na belangrike leidrade. En wanneer sy bydrae die deurslag gee in die ontknoping van die saak, weet ons: van Bennie het ons nog lank nie die laaste gehoor nie!

  • Immer Wes deur Irma Joubert

    0 out of 5
    R230.00

    Hildegard se lewensloop word deur oorloë bepaal. Eers vlug haar adellike gesin voor die Bolsjewiste van Rusland na Pole en ‘n paar jaar later volg die Eerste Wêreldoorlog. Tog lei sy nog die bevoorregte lewe van ‘n lid van die adelstand. Die Tweede Wêreldoorlog het egter nie respek vir stand nie – sy ly dieselfde lot as almal wat in Europa vasgekeer is in hierdie onheilstyd. Na die oorlog bring nood haar na Suidwes-Afrika met haar vyfjarige dogtertjie. Hier vind sy eindelik vrede. Hierdie eerste boek van ‘n trilogie laat mens diep onder die indruk van die kwesbaarheid van vroue en kinders.

  • In ‘n Land Sonder Voëls – Harry Kalmer

    0 out of 5
    R280.00

    Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied.

  • In ’n Land Sonder Voëls – Harry Kalmer

    0 out of 5
    R280.00

    Harry Kalmer se nuutste boek speel af in ’n post-apokaliptiese Suid-Afrika onder die juk van ekonokrasie, met ’n kopknik aan George Orwell.

  • Infanta – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    “My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.”

  • Isabella – Mariël le Roux

    0 out of 5
    R280.00

    Soos Klara, vertel Isabella die lewensverhaal van die tragiese uitdagings in die lewe van ‘n gewone vrou. Isabella ontmoet haar man in haar eerste jaar op Stellenbosch en gee haar verpleegstudies prys om hul getroude lewe saam met hom op ‘n Noord-Kaapse myndorp te slyt.

  • Jagveld en ander Draaiboeke – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    Spanningsverhaalkoning Deon Meyer het naas sy topverkoperromans ook sy skryfvinger in ’n aantal film-pasteie.

  • Johanna – Cas Wepener

    0 out of 5
    R195.00

    In Johanna ontgin Cas Wepener onder andere die sielkundige prosesse rondom die dood en die aard van verhoudings, hetsy vriendskap, liefde of familiebande. Die titelkarakter self verskyn slegs in die eerste hoofstuk; haar lewe word uitgebeeld soos ’n legkaart waar elke stukkie die perspektief is van iemand wat haar geken het. Soos haar karakter ontvou, besef mens dat elkeen in haar lewe ‘n ander dimensie van haar gesien het.

  • Kainsmerk – Annelie Botes

    0 out of 5
    R280.00

    Annelie Botes boei al jare lank Afrikaanse lesers met haar verhale wat in die diepste wese van mense gaan dolwe. Haar romans, wat dikwels netelige kwessies aanspreek, is onder die gewildstes in die Afrikaanse literatuur.

  • Kamikaze – Rudie van Rensburg

    0 out of 5
    R260.00

    Hierdie keer het Kassie Kasselman met ‘n reeksmoordenaar te doen. Een wat homself “Die Pion” noem – maar dit kom Kassie eers heelwat later agter.