Afrikaans Fiksie

Showing 85–96 of 116 results

  • Patagonië – Maya Fowler

    0 out of 5
    R220.00

    Tertius, ’n lektor by Stellenbosch Universiteit, is in die doodsnikke van sy werk en sy huwelik.

  • Pirana – Rudie van Rensburg

    0 out of 5
    R240.00

    Kaptein Kassie Kasselman sou nie kon raai dat die verdwyning van oud-polisieman Barnie Wolhuter verband hou met smokkelhandel in renosterhoring nie. Wanneer hulle egter die ontvoering van ‘n jong vrou begin ondersoek, lei dit hulle na African Curio, die winkelgroep waarvoor Barnie uitvoere behartig het ná hy uit die polisie is. Ver weg in Musina voer Natasha van der Merwe ‘n verbete stryd teen renosterstropers, min wetende dat die aantreklike Theodore op wie sy besig is om verlief te raak, een van die skelms is. Dit begin lyk asof daar ‘n marionettemeester agter die gebeure sit – ene Deep Throat, wat met die wenke wat hy telefonies vir verskillende mense gee, besig is om een persoon aan die kaak te stel. Hy het baie jare lank beplan en gewag vir die regte oomblik om wraak te neem, en die wraak is soet…

  • Prooi – Deon Meyer

    0 out of 5
    R320.00

    Daniël Darret het vir hom ‘n rustige, veilige lewe gevestig in Bordeaux as assistent van ‘n houttowenaar. Maar dan doem Lonnie uit sy verlede op en hy word sonder omhaal teruggegooi in die lewe wat hy agtergelaat het.

  • Proteus – Deon Meyer

    0 out of 5
    R300.00

    Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as “Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat.

  • Redelike Twyfel – Chris Marnewick

    0 out of 5
    R250.00

    Die vurige jong advokaat Manon Viljoen word as amicus curiae (vriend van die hof) aangestel.  Charles Mouton, ’n gesiene advokaat en dosent, word aangekla van die moord op sy vrou en hoewel hy aangedui het dat hy sy eie verdediging sal waarneem, wend hy geen poging aan om dit te doen nie.

  • Sandveldstories – Ferdinand Deist

    0 out of 5
    R220.00

    As mens die woord “kontreistories” hoor, dink jy aan eenvoudige, armoedige mense wat hul woorde snaaks uitspreek. Jy dink aan Jan Spies en Herman Charles Bosman – en jy sal nie ver verkeerd wees nie.

  • Seun – Neil Sonnekus

    0 out of 5
    R240.00

    Dis selde dat ek saamstem as ‘n boek beskryf word as tegelyk snaaks, brutaal en hartroerend, maar dié is een van hulle. Len Bezuidenhout se verhaal betrek net mooi alle aspekte van man-wees in Suid-Afrika. Na sy egskeiding is hy vry, ja – maar is hy? Wie en wat is hy as man?

  • Sink – Michael Brett-Innes

    0 out of 5
    R260.00

    Sink is die boek van die gelyknamige plaaslike fliek wat in 2016 gedraai het. Die drie hoofkarakters, Rachel, Michelle en Chris, beslaan dieselfde leefruimte, maar ‘n onnatuurlike spanning bestaan tussen hulle, veral tussen Michelle en die huiswerker, Rachel.

  • Sirkus – Irma Venter

    0 out of 5
    R240.00

    Venter se boeke raak net lekkerder om te lees. Venter se patroon om in elke boek op ‘n ander karakter te fokus, hou haar werk altyd interessant. In Sirkus word Adriana se lewensverhaal eindelik openbaar. Sy was nog altyd ‘n enigmatiese karakter met ‘n geheimsinnige verlede, selfs vir haar medekarakters, maar haar verlede het haar nou ingehaal – sy naam is Yasen Todorov.

  • So Is Dit Nou – Johan van Wyk

    0 out of 5
    R220.00

    Na die groot sukses wat Johan van Wyk in 2014 met So Was Dit behaal het, was dit onvermydelik dat daar ‘n opvolg sou wees; en hier het ons dit: So Is Dit Nou.

  • Sondag – Irma Venter

    0 out of 5
    R275.00

    Christmas Choice 2018

    Om ’n Irma Venter te lees is soos om met ou vriende te kuier. In Sondag het kaptein AJ Williams het haar hande vol om die Van Zyl-gesin op te spoor.

  • Sondes Van Die Vaders – Lerina Erasmus

    0 out of 5
    R300.00

    Topspeurder Danny Hector is terug en warm op die spoor van ’n geweldenaar. Hansie Roodt, wat in die 1980’s as tienerseun galgdiens moes doen, neem nou wraak op die nasate van destyds se sondaars.