-
Split deur Debbie Loots
R240.00Die wel en wee van ‘n middelklas-Afrikaanse gesin tydens die sewentiger-en tagtigerjare is die tema van hierdie verhaal. Vera se droom om nie dieselfde foute as haar ouers te maak nie, maar vir haarself ‘n goeie lewe te skep, verbrokkel wanneer sy, hoog swanger, met Willem moet trou. Sy kwalifiseer wel en werk as verpleegster, maar Willem is ‘n verkoopsman wat groter sukses onder die vrouegeslag behaal as met sy verkope. Met drie kinders en ‘n rebound-verhouding op haar kerfstok, verlaat Vera eindelik vir Willem. Hiervandaan dool die Barnards se paaie rond in ‘n ongemaklike bestaan van herhaalde nuwe beginne met nuwe lewensmaats en op nuwe plekke. Ons sien die oudste kind, Lien, in haar verwarheid poog om uit te styg bo haar ouers se doodloop-bestaan. Die uitbeelding van die karakters is onsentimenteel en skerp en juis, wat van hierdie debuutroman baie bevredigende leesstof maak.
-
Stormkind – Riana Scheepers
R240.00Verlies en magiese betowering loop soos ’n goue draad deur dié besonderse roman. Klein Jana was maar drie toe haar Ierse ma spoorloos verdwyn het. Dis hoekom die jong dogtertjie “StormJana” geword het; storms roep haar, lok haar uit die huis uit om haar in die woeste weer te verlustig. Soms hoor sy haar ma se fluitspel in die wind en soms ry sy deur die wingerd op die wit spookperd se rug.
-
Stroomop – Adeline Radloff
R240.00Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s ‘n uitgebrande chirurg, ‘n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, ‘n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en ‘n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat.
-
Tussen die Klippe – Hans du Plessis
R220.00Dominee Johannes is teësinnig en as buitestaander uit die Kolonie laat kom om ‘n hofsitting by te woon. Dié vind plaas in die veld: die hofamptenare se stoele bly in die los sand insak en die prosedure word onderbreek deur voëls, vlakvarke, olifante en ‘n donderstorm of wat. Die pragtige jong vrou wat aangekla word van die misdade van bigamie en bedrog, is reed deur die mense van haar streek skuldig bevind – hulle kén haar mos so! Dominee Johannes benader egter die hele verrigtinge vanuit sy soeke na die aard en omvang van ware Christelike liefde. Die verhaal speel af in 1851 in die Moot, ‘n boerdery-nedersetting noord van die Vaalrivier, en weerspieël hofverrigtinge soos in 1849 voorgeskryf deur die Volksraad in Potchefstroom. Heelwat aspekte van die Christelike leer en die aard van waarheid word ondersoek, terwyl ‘n eg menslike en simpatieke uitbeelding gegee word van plattelandse gemeenskappe in die jare kort na die Groot Trek.
-
Uit die Bloute – Chanette Paul
R315.00Jojo Richter se speuravonture is direk eweredig aan haar nuuskierigheid. Sy moes nooit ingestem het om vir Irene navorsing oor VVV’s te doen nie. Wanneer ’n skelm regter naby Bientangsbaai met ’n pyl en boog vermoor word, het dit skielik alles met Irene se belangstelling in VVV’s te doen.
-
Vlakwater deur Ingrid Winterbach
R250.00Ingrid Winterbach-aanhangers sal sekerlik bly wees om te hoor van die verskyning van haar nuwe boek. Dit is ‘n veelvlakkige roman vol van intrige, die kunste, waansin en spiritualistiese filosofieë. Kunstenaar Niek Steyn koop ‘n huis in Kaapstad ná die beëindiging van sy liefdesverhouding. Niek bevriend Marthinus, wat naby hom bly, en vind dat hulle ‘n belangstelling in die kunstewêreld deel. Gou word die verhaal bevolk met ‘n verskeidenheid klaarblyklik versteurde kunstenaartipes. Slegs een karakter verteenwoordig normaliteit en warmte in Niek se lewe – sy huurder, die kunsstudent Charelle. Wanneer sy verdwyn en verskeie onrusbarende dinge in die area gebeur, is Marthinus oortuig dat Viktor daaragter sit; Viktor wat die skisofreniese boek Vlakwater geskryf het. Intussen werk ‘n naamlose haaslip-vrou aan ‘n monografie oor die bekende kunstenaars-cum-filmmakers, die Olivier-broers. Stadigaan begin mens vermoed daar is dalk een skakel wat al hierdie dinge verbind, maar is die vermoede korrek?
-
Web – Naomi Meyer
R250.00Sophia se verhaal is elke vrou s’n, so ook haar verhouding met haar man, haar huiswerker, haar vriendin-werkgewer, die boemelaar, en die ma’s by die kleuterskool. As ma van twee jong kinders, met ‘n wankelende huwelik en ‘n werk by ‘n sukkelende klein besigheid, sukkel Sophia om al die balle in die lug te hou.