Afrikaans Nie-Fiksie

Showing 1–12 of 66 results

  • …En Daar Was Dagga – Heinz Mödler

    0 out of 5
    R285.00

    Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie aangaande hierdie wonderlike plant, te waag.

  • ‘n Luiperd In My Bed – Annelize Slabbert

    0 out of 5
    R260.00

    ‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.’

  • n Tafel vir Elke Geleentheid

    ‘n Tafel vir Elke Geleentheid deur Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz

    0 out of 5
    R275.00

    As jy lief is om voluit te gaan wanneer jy onthaal, of as dit jou droom is om ‘n geleentheidsmaatskappy te bedryf, kan jy hierdie boek gerus op jou boekrak hou. Die samestellers het moeite gedoen om elke aspek van onthaal te dek: van die beplanning en voorbereiding van die kos tot breekgoed en linne, musiek en gastegeskenkies. Dit is vol foto’s van gedekte tafels vir elke denkbare geleentheid wat gevier kan word (‘n volle vyf-en-twintig van hulle!) Die foto’s is vergesel van voorstelle en wenke om jou tafel uniek te maak . Hier is aanbevelings vir kleurskemas, blomme en ander tafelversierings asook gepaste disse vir elke geleentheid. ‘n Afdeling met resepte vir die kosse en versnaperings bevat praktiese raad oor berging en raklewe, waar toepaslik. Die bedoeling is dat elke voorbeeld dien as ‘n vertrekpunt om aan jou eie kreatiwiteit vlerke te gee. Die groot reël is: daar is geen reëls nie!

  • AB: Die Outobiografie – AB de Villiers

    0 out of 5
    R350.00

    AB de Villiers is sonder twyfel een van die beste kolwers wat krieket nog ooit opgelewer het, maar sy prestasies strek veel verder as sy ongelooflike arsenaal dryf-, trek-, skep-, kap- en veeghoue. Of hy nou die tuisskares by die Wanderers of Nuweland laat jubel, of in Bengaluru of Sydney nuwe rekords opstel, die vriendelike krieketheld speel ‘n vreeslose, vurige spel wat miljoene Suid-Afrikaners trots maak en altyd ‘n positiewe beeld van sy land uitstraal.

  • Afrikaner-Kapitalisme –

    0 out of 5
    R250.00

    Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het.

  • André P. Brink En Die Spel Van Liefde – Leon de Kock

    0 out of 5
    R350.00

    In sy leeftyd tegelykertyd ’n literêre held, sosiale kommentator en moreel omstrede figuur, was André P. Brink ’n komplekse mens. Hierdie biografie konsentreer egter op een aspek – die inhoud van Brink se privaat joernale, waar hy vir die grootste deel van sy lewe boekgehou het van sy liefdeslewe.

  • Boodskapper Van Die Gode – Murray La Vita

    0 out of 5
    R230.00

    Hierdie bundel is ’n keur uit die essays, rubrieke en sketse  van die bekende en bekroonde Netwerk24-skrywer. Dit strek oor ’n groot deel van sy lewe, ervarings in oorsese lande asook tuis in Kaapstad en die wyer Wes-Kaap.

  • Dawie de Villiers – My Lewensreis – Dawie de Villiers & Chris Schoeman

    0 out of 5
    R300.00

    Dawie de Villiers is ’n rugbylegende, kaptein van die span wat die All Blacks in 1970 geklop het. Hy het egter ook as een van die meer liberale Nasionale Party kabinetslede grootliks bygedra tot die politieke oorgang in ons land.

  • Die Banting-Oplossing – Bernadine Douglas & Bridgette Allan

    0 out of 5
    R220.00

    Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en ‘n oplossing bied vir permanente gewigsverlies.

  • Die Boereoorlog – Martin Bossenbroek

    0 out of 5
    R280.00

    Hier is nog ‘n uitmuntende toevoeging tot die versameling ABO-boeke in ons kultuurskat. Nederland het al die jare groot samehorigheid en kulturele steun aan Suid-Afrika gebied, dus is dit geen verrassing dat ‘n Nederlander nou ‘n boek oor die oorlog geskryf het nie.Vir die eerste keer vind ons ook die Nederlandse perspektief in ‘n ABO-boek. Drie individue se dagboeke, verslae, briewe en herinneringe tydens en ná die Oorlog is deur Bossenbroek kundig aanmekaargevleg om ‘n besonder deeglike, omvattende geheelbeeld van die oorlog te gee. Dié drie is Winston Churchill (toe ‘n Engelse oorlogskorrespondent), Deneys Reitz (Afrikaner-kommandolid wie se trilogie reeds wyd bekend is in die ABO-literatuur), en Willem Leyds, Nederlandse regsgeleerde wat in 1884 deur president Kruger as staatsprokureur aangestel is. Die Afrikaanse vertaling deur Anne-Marie Mischke is puik.

  • Die Lang Man Sonder Skaduwee – Antoinette Pienaar

    0 out of 5
    R264.00

    As ’n mens in die Karoo bly, is die ewigheid om jou. Die pad waarop jy loop is “die lang man sonder skaduwee”. Tydloos. Die bekende kruiekenner Antoinette Pienaar en haar mentor, Oom Johannes, woon in die hartjie van die Karoo en bring hulle dae deur met kruie en stories en raaisels.

  • Die Rooitamatie Storie – Renette Vosloo

    0 out of 5
    R394.00

    Renette se sprankelende persoonlikheid straal uit elke bladsy van hierdie boek. Die gewilde Ontbytsake-sjef en Kokkedoorfinalis se resepte-cum-memoir roep ’n helder prentjie van die sewentigerjare op.