-
Omega, Oor en Uit deur Francois Verster
R200.00Die skrywer, vandag die maatskappy-argivaris van Naspers, se maklik leesbare memoir vertel ‘n tweeledige verhaal. Aan die een kant is daar Francois, die opstandige dienspligtige, en aan die ander kant Frans-jare-later, die staatsargivaris wat bedreig voel deur verveling, sy herinneringe, en die onsekere toekoms in Suid-Afrika. Frans is by ‘n waterskeiding in sy lewe en lees weer sy memoires van sy tyd as troep in die Suid-Afrikaanse weermag. Hy was reeds ‘n opgeleide onderwyser, heelwat ouer as die skoolverlaters, toe hy moes aanmeld vir sy diensplig. Sy basiese opleiding geskied in Oudtshoorn, waarna hy uitgeplaas word na die weermagbasis Omega in die Caprivi om Boesmankinders te onderrig. Dis ‘n wipplankrit – enersyds sy melankolie veroorsaak deur die ambivalente politieke toestand in Suid-Afrika; andersyds die talle kostelike weermagstaaltjies wat jou tog te lekker laat lag.
-
Ons Camino – Pienkes du Plessis
R295.00Kort na die verskyning van Erns Grundling se boek oor sy Camino-belewenis, volg Pienkes du Plessis s’n, met ‘n totaal ander aanslag. Pienkes is bekend vir sy eiesoortige humor. Die Camino, vir vele ‘n godsdienstige pelgrimstog, is vir hierdie nie-gelowige slegs ‘n avontuur.
-
Ons kom van Vêr – WAM Carstens en Michael le Cordeur
R254.00Dié boek vul ‘n leemte in die Afrikaanse literatuur: ‘n naslaanwerk oor bruin en swart Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans. Dit is dan ook paslik opgedra aan Adam Small, wat die projek goedgekeur het, maar ongelukkig oorlede is voor dit voltooi is.
-
Oor Berge en Dale – Op Reis Met ‘n Monumentjagter – Jackie Grobler
R234.00Dit was nog altyd een van my drome om deur ons land te reis en op afdraaipaadjies te gaan kyk na ons land se monumente. Dankie tog vir Doktor Jackie Grobler; nou kan ek ál die monumente besoek – vanuit die gerief van my leunstoel!
-
Openbaring deur C. Johan Bakkes
R244.00Johan Bakkes se unieke styl van reisvertelling is altyd ‘n plesier om te lees. Sy tussen-ons-manne-aanslag sluit net soveel interessanthede soos dié van enige ander reisskrywer in; die verskil is dat ons nie eintlik kyk na die katedrale en kunswerke en snuisterye nie, maar wel na gewone mense in kroeë en nagklubs, en na die “-ste”plekke saam met die avonturiers. En nee, nagklubs en avontuur sluit mekaar nie noodwendig uit nie – hiervan is Johan en sy reisvriende lewende voorbeelde! Bakkes is deeglik bewus dat sy leefstyl van uiterstes die einde van sy lewe op aarde verhaas; die dood is elke dag ‘n tree (of ‘n paar kilometer) nader. Vandaar hierdie “Openbaring”. Hy het met volle oorgawe die koudste plek in die wêreld (Oimjakon, Siberië, mid-winter) en die warmste plek (Danakil in Ethiopië) besoek en belééf – wat het hy om daarvoor te wys? Sy openbaring hieroor word duidelik soos die bundel na sy einde snel …
-
Slot van die Dag – Karel Schoeman
R254.00In die lig van gerugte dat Karel Schoeman se afsterwe in Mei selfdood was, wonder ’n mens of hy die tyd van hierdie werk se publikasie beplan het. Schoeman, wat ‘n ryk skat aan pennevrug agterlaat, het dit al lank oor die sin van voortbestaan wanneer ’n mens oud word.