Book Reviews

Showing 85–96 of 476 results

  • Die Hond Wat Ophou Blaf Het – Jo Nel

    0 out of 5
    R250.00

    Diegene wat hou van bloed en derms sal hierdie hoogspanningsverhaal verslind. Die tandarts Izak Hugo haat sy werk. Hy sien gewelddadige visioene van hoe hy sy kermende pasiënte vir ewig kan stilmaak.

  • Die Kinders Van Spookwerwe – Lize Albertyn-du Toit

    0 out of 5
    R310.00

    Mieta Kaliempie se rustige bestaan op die plaas Spookwerwe in die Bo-Karoo word aan flarde geruk wanneer haar 8 maande-oue tweeling weens slangbyt sterf.

  • Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek deur Melinda Roodt

    0 out of 5
    R350.00

    As pastorievrou op die platteland moes Melinda Roodt se kookvernuf instaan vir die gebrek aan wegneemetes en restaurante. Sy het ook geleer dat die etenstafel die beste plek is om gesinsbande te versterk.

  • Die Laksman se Dogter – Gerda Taljaard

    0 out of 5
    R230.00

    Hoe verwerk ‘n ma haar dogter se dood? Taljaard neem die leser op ‘n onthutsende reis saam met ‘n ma wat haar dogter twee keer verloor het; eers aan dwelms en daarna aan die dood. Die dogter was ‘n openbare figuur, ‘n rock-ster.

  • Die Lang Man Sonder Skaduwee – Antoinette Pienaar

    0 out of 5
    R264.00

    As ’n mens in die Karoo bly, is die ewigheid om jou. Die pad waarop jy loop is “die lang man sonder skaduwee”. Tydloos. Die bekende kruiekenner Antoinette Pienaar en haar mentor, Oom Johannes, woon in die hartjie van die Karoo en bring hulle dae deur met kruie en stories en raaisels.

  • Die Leliemoordenaar – Lerina Erasmus

    0 out of 5
    R275.00

    Daniella se brose gesinslewe word erg versteur wanneer sy Johannesburg toe verplaas word om die sogenaamde klipmoordenaar te probeer vastrek.

  • Die Muishuis: By Die Teater

    0 out of 5
    R150.00

    Christmas Choice 2017

    Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys.

  • Die Rooikop En Die Redakteur – André P. Brink

    0 out of 5
    R240.00

    André P Brink is een van die skrywers wat Afrikaans “op die map” geplaas het. Hy het bekendheid verwerf as een van die Sestigers, ’n groep Afrikaanse protesskrywers wat hulle onder andere teen apartheid beywer het.

  • Die Rooitamatie Storie – Renette Vosloo

    0 out of 5
    R394.00

    Renette se sprankelende persoonlikheid straal uit elke bladsy van hierdie boek. Die gewilde Ontbytsake-sjef en Kokkedoorfinalis se resepte-cum-memoir roep ’n helder prentjie van die sewentigerjare op.

  • Die Skaalmodel – Anneli Groenewald

    0 out of 5
    R240.00

    Juffrou Visagie, argivaris van die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp, staan aangekla: pligsversuim, wanbesteding, verwoesting van die museum se tuin en vriendskap met bedenklike karakters. Haar groot projek om ‘n skaalmodel van die onteiende stranddorpie Skipskop te maak en in die museum uit te stal, het boonop in tragedie geëindig. In Bredasdorp is dit ‘n baie ernstige saak en sy moet verantwoording doen voor die voorsitter van die Museumraad. Juffrou Visagie is in baie opsigte ‘n tipiese oujongnooi; onder andere het sy ‘n pedantiese sin vir orde en beplanning. Daarom besweer sy die klagtes een vir een met volledige vertellings, aangevul met bewyse – elke kwitansie, elke brief, die geringste dingetjie wat in die afgelope elf jaar in daardie museum gebeur het, is netjies in lêers gebêre. Dié debuutroman waarmee Anneli Groenewald NB se Groot Romanwedstryd 2015 gewen het, gooi die kollig nie net op die tragiese geskiedenis van Skipskop nie, maar ook op die stryd om voortbestaan wat baie museums voer.

  • Die Skilpad Se Laaste Traan – Carol Campbell

    0 out of 5
    R240.00

    ’n Jong vrou vlug vreesbevange deur die Karoolandskap, kaalvoet en bebloed. Sy het net een doel: om by Seekoegat Primêr te kom waar sy weet sy ’n veilige hawe sal vind by Ant’ Esme.

  • Die Taal van Been deur Heilna du Plooy

    0 out of 5
    R240.00

    Carolien is ‘n suksesvolle kunstenaar en kunsdosent wanneer sy een dag ‘n TV-program sien wat handel oor die rekonstruksie van skedels vir patologiese doeleindes. Dit ruk haar gedagtes terug na ‘n insident 15 jaar tevore, wat deurslaggewend was in die identiteitskrisis waardeur sy gegaan het nadat sy by haar werk afgelê is. Soos wat sy nou daardie tyd onthou en deurdink, laat dit haar weer bestek neem van haar lewe: haar worsteling om sin en doel in haar lewe te sien, haar verwesenliking as kunstenaar en haar stram verhouding met haar man, Frans. Daardie insident het die geldigheid van haar bestaan help bevestig – waarom het sy dan nog nooit vir Frans die volle waarheid vertel nie? Heilna du Plooy se debuutroman gaan nadenkend om met kwessies soos regstellende aksie, politieke verwikkelinge in Suid-Afrika, kuns, en die bestaansreg van mense wat nie-praktiese beroepe soos (kuns) boefen.