-
Die Tale Wat Ons Praat – Danny Fourie
R234.00Wie onthou nog chappies – daardie kougompies met die papiertjies waarop mens “Het jy geweet?” trivia lees? Wel, hierdie boek is soos ’n chappie-papiertjie vir liefhebbers van Afrikaans. Dit is saamgestel uit die gelyknamige program wat al baie jare lank op Sondagoggende op RSG uitgesaai word.
-
Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak – Annie Klopper
R245.00Een blik op die pienk-en-blou buiteblad van dié roman is genoeg om jou te laat besef dis nie ’n storie wat ernstig opgeneem moet word nie. Dis ’n vrolike, hip liefdestorie, gemik op die jonger leser wat die vermaaklikheidswêreld ken en gemaklik is met kru taal.
-
Die Vrou Met Die Blou Mantel – Deon Meyer
R220.00Christmas Choice 2017
Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.
-
Die wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden
R350.00Weereens het Van Heerden ‘n verhaal geskryf wat op vele vlakke funksioneer en bevolk is met ‘n verskeidenheid karakters. Tian Kilian het die eerste klompie jare van sy lewe geborge op ‘n Karooplaas deurgebring – totdat die Chinees Charlie Oeng ‘n vuurwerkvertoning op die werf kom hou het.
-
Do Humankind’s Best Days Lie Ahead? – Steven Pinker & Matt Ridley & Malcolm Gladwell & Alain de Botton
R180.00Four savants debate the idea of progress. The general assumption is that the human condition is improving, owing to new technologies, and increased global freedom and empowerment; but, is it not better,so much as different?
-
Doodskoot – Francois Bloemhof
R220.00Ons ontmoet Paul Matthee op die pad tussen Wellington en Hermon, natgereën en seervoet geloop. Hy’t nie ‘n bestemming nie; sy fisiese bagasie is ‘n tas en ‘n rugsak. Sy emosionele bagasie is veel swaarder. Daardie Nag – die gebeure waarvan hy probeer wegkom met hierdie doellose swerftog deur die land.