7 Dae – Deon Meyer

R300.00

Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. Só lui die dreigbrief aan die SAPS.

View Detail
Compare
SKU: 9780798173889 Category:

Description

Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. Só lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ’n reeks naakfoto’s, ’n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel. Deon Meyer bewys hom weer eens as Suid-Afrika se onbetwiste spanningsverhaal-koning.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “7 Dae – Deon Meyer”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 + 17 =