Boodskapper Van Die Gode – Murray La Vita

R230.00

Hierdie bundel is ’n keur uit die essays, rubrieke en sketse  van die bekende en bekroonde Netwerk24-skrywer. Dit strek oor ’n groot deel van sy lewe, ervarings in oorsese lande asook tuis in Kaapstad en die wyer Wes-Kaap.

View Detail
Compare
SKU: 9780799393217 Categories: , ,

Description

Hierdie bundel is ’n keur uit die essays, rubrieke en sketse  van die bekende en bekroonde Netwerk24-skrywer. Dit strek oor ’n groot deel van sy lewe, ervarings in oorsese lande asook tuis in Kaapstad en die wyer Wes-Kaap. Die subtitel “Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur” is ’n goeie aanduiding van wat die leser kan verwag. Waar hy gaan, neem La Vita graag mense rondom hom waar en luister na hul gesprekke, of gesels vlugtig met toevallige bystaanders – dit is ’n ryk bron van materiaal, soos ook gesprekke met vriende en vriendinne. Murray la Vita is ’n meester van klein oomblikke. Dikwels skep hy ’n skildery met woorde: ’n blote oomblik vasgevang, soos ’n foto; ander kere is so ’n oomblik die vertrekpunt wat sy gedagtes vlerke gee. Om hierdie oomblikke met hom te kan deel is ’n voorreg.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boodskapper Van Die Gode – Murray La Vita”

Your email address will not be published. Required fields are marked *