Die Bewaker – Marguerite Poland

R235.00

As vuurtorings vir jou, soos seker vir die meeste van ons, ‘n vae assosiasie van romantiek dra, dink weer! Hannes Harker, vuurtoringwagter op ‘n afgeleë eiland, herstel in die hospitaal van beserings nadat hy in die toring geval het. Hy vertel sy lewensverhaal stuk-stuk aan Rika, sy saalsuster. Die eiland is ‘n kosmos in die kleine; ‘n mens sou nie kon dink dat soveel intrige moontlik is op die klein, afgesonderde rots in die see waar slegs ghwanowerkers en vuurtoringpersoneel woon nie. Soos sy pa voor hom, lééf Hannes vir die vuurtoring met al die onwrikbare reëls en taboes wat daarmee gepaard gaan. Intussen wroeg sy vrou Aletta om die afsondering te hanteer. As ‘n individualis wat altyd die status quo uitdaag, is die verbanning op die eiland vir haar te veel. Die egpaar se storie is terselfdertyd die uitvloeisel én ‘n herhaling van dié van Hannes se ouers voor hulle op die eiland. Aletta is egter van ander stoffasie gemaak as Hannes se ma en hul verhaal speel gevolglik anders af. Marguerite Poland is ‘n ervare skrywer wat haar fyn waarnemingsin en insig in die menslike natuur duidelik laat blyk in die roman. Dit is die eerste keer dat ‘n boek van haar in Afrikaans verskyn.

View Detail
Compare
SKU: 9780143539100 Category:

Description

Vuurtoringwagter Hannes Harker word met sy vrou na ’n afgeleё eiland verplaas. Hy ontdek iets wat lank in die toring weggesteek was wat hom sy balans laat verloor, en hy val. In die hospitaal vertel hy met rukke en stote aan verpleegsuster Rika sy lewensverhaal – van sy ma se geheimsinnige dood, van sy onbeheerbare jong vrou, Aletta, en van die verlate eiland waar net die vuurtoringwagters en ghwanowerkers woon. Dié twee groepe leef saam maar tog ook streng apart op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Met die aankoms van ’n karakter uit Aletta se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ’n enkele, skokkende gebeurtenis.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Bewaker – Marguerite Poland”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 × five =