Die Derde Spoel – S.J. Naudé

R250.00

Hertzogprys Wenner

S.J. Naudé het met sy eerste boek, die kortverhaalbundel Alfabet van die Voëls, reeds groot indruk op die letterkundeverhoog gemaak. Sy tweede publikasie, Die derde spoel, het die UJ-prys vir fiksie, die Eugène Marais-prys en die kykNET Rapportprys vir 2018 ontvang, asook die kroon van pryse, die Hertzogprys vir beste prosawerk.

View Detail
Compare
SKU: 9781415207475 Categories: , ,

Description

S.J. Naudé het met sy eerste boek, die kortverhaalbundel Alfabet van die Voëls, reeds groot indruk op die letterkundeverhoog gemaak. Sy tweede publikasie, Die derde spoel, het die UJ-prys vir fiksie, die Eugène Marais-prys en die kykNET Rapportprys vir 2018 ontvang, asook die kroon van pryse, die Hertzogprys vir beste prosawerk. Naudé se vars, nuwe styl het resensente beïndruk. Op die oog af lees die roman soos ’n speur-spanningsverhaal waar die hoofkarakter se soeke na ’n verlore filmrol en ’n verdwene minnaar hom na verskeie wêrelddele neem, dikwels in gevaarlike omstandighede. Maar die boek bied verskeie lae wat die ywerige leser kan ontgin. Die karakter, Etienne, en sy omswerwinge is die gegewe waarbinne verskeie temas aangebied word, insluitend vreemdelingskap, melankolie, liefde en seksualiteit, die kunste (musiek, skilderwerk, filmkuns), filosofie, Vigs, verlies en ’n bemoeienis met die onbereikbare verlede.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Derde Spoel – S.J. Naudé”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven − eleven =