Die Man van Quatro – Calvyn van Niekerk

R280.00

Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel, Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors.

View Detail
Compare
SKU: 9781485903840 Categories: ,

Description

Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel, Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors. Ná ’n grusame aanval op haar ouers se plaas, besef haar broer, Thinus Olckers, dit was meer as net ʼn gewone rooftog. Hy besluit om reg in eie hande te neem en die aanvallers op te spoor. Maar Thinus Olckers is nie die enigste man uit op wraak nie: die geheimsinnige Patel, ’n oorlewende van ʼn martelkamp in Angola, soek die bloed van Vusi Radebe, destyds ʼn wag in die kamp. Vusi is nou ʼn generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag en Patel ’n skatryk goudsmokkelaar. Dit blyk dat die vermiste dossier in opdrag van Patel gesteel is en Thinus Olckers krap nou waar dit nie jeuk nie. Kaptein Dirk Bremer, ’n stroomop alleenloper, is op die spoor van sowel die plaasaanvallers as Thinus, nou ʼn gevaarlike vigilante. Daar is ʼn gruweldaad op Bremer se werf gepleeg en hy is ewe onverbiddelik as Thinus en Patel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Man van Quatro – Calvyn van Niekerk”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × four =