Die Skaalmodel – Anneli Groenewald

R240.00

Juffrou Visagie, argivaris van die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp, staan aangekla: pligsversuim, wanbesteding, verwoesting van die museum se tuin en vriendskap met bedenklike karakters. Haar groot projek om ‘n skaalmodel van die onteiende stranddorpie Skipskop te maak en in die museum uit te stal, het boonop in tragedie geëindig. In Bredasdorp is dit ‘n baie ernstige saak en sy moet verantwoording doen voor die voorsitter van die Museumraad. Juffrou Visagie is in baie opsigte ‘n tipiese oujongnooi; onder andere het sy ‘n pedantiese sin vir orde en beplanning. Daarom besweer sy die klagtes een vir een met volledige vertellings, aangevul met bewyse – elke kwitansie, elke brief, die geringste dingetjie wat in die afgelope elf jaar in daardie museum gebeur het, is netjies in lêers gebêre. Dié debuutroman waarmee Anneli Groenewald NB se Groot Romanwedstryd 2015 gewen het, gooi die kollig nie net op die tragiese geskiedenis van Skipskop nie, maar ook op die stryd om voortbestaan wat baie museums voer.

View Detail
Compare
SKU: 9780624076070 Categories: ,

Description

Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Bredasdorp Skeepswrakmuseum, staan aangekla. Pligsversuim, wanbesteding, allerlei. Maar sy is ’n deeglike amptenaar, en sy het haar verdediging gereed: Skipskop is belangrik, Meneer die Voorsitter, en sy wat Juffrou Visagie is, gaan dit laat onthou. Sy en haar noukeurige skaalmodel van Skipskop wat die Overberg so in rep en roer het.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Skaalmodel – Anneli Groenewald”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × two =