Die Skilpad Se Laaste Traan – Carol Campbell

R240.00

’n Jong vrou vlug vreesbevange deur die Karoolandskap, kaalvoet en bebloed. Sy het net een doel: om by Seekoegat Primêr te kom waar sy weet sy ’n veilige hawe sal vind by Ant’ Esme.

View Detail
Compare
SKU: 9781415210093 Categories: ,

Description

’n Jong vrou vlug vreesbevange deur die Karoolandskap, kaalvoet en bebloed. Sy het net een doel: om by Seekoegat Primêr te kom waar sy weet sy ’n veilige hawe sal vind by Ant’ Esme. Op haar drie dae-lange tog leer ons Siena ken en sien hoe die mense rondom haar die loop van haar lewe beїnvloed. In die lewe van een jong meisie skets Campbell ’n wêreld wat die meeste middelklas-lesers nie ken nie: die knaende honger van armoede, uitgelewer aan die genade – of gebrek daaraan – van die boere; die maatskaplike omstandighede van karretjiemense en plaasarbeiders; ’n blik op hul voormense wat van oertyd af die omgewing bewoon. En altyd, die drome van ’n beter lewe wat deur geleerdheid bekom kan word. Met empatie wys Campbell waarom die weerloses dikwels ’n harde dop ontwikkel om hul kwesbaarheid te beskerm, en waarom hul trane nie maklik kom nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Skilpad Se Laaste Traan – Carol Campbell”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 4 =