Die Taal van Been deur Heilna du Plooy

R240.00

Carolien is ‘n suksesvolle kunstenaar en kunsdosent wanneer sy een dag ‘n TV-program sien wat handel oor die rekonstruksie van skedels vir patologiese doeleindes. Dit ruk haar gedagtes terug na ‘n insident 15 jaar tevore, wat deurslaggewend was in die identiteitskrisis waardeur sy gegaan het nadat sy by haar werk afgelê is. Soos wat sy nou daardie tyd onthou en deurdink, laat dit haar weer bestek neem van haar lewe: haar worsteling om sin en doel in haar lewe te sien, haar verwesenliking as kunstenaar en haar stram verhouding met haar man, Frans. Daardie insident het die geldigheid van haar bestaan help bevestig – waarom het sy dan nog nooit vir Frans die volle waarheid vertel nie? Heilna du Plooy se debuutroman gaan nadenkend om met kwessies soos regstellende aksie, politieke verwikkelinge in Suid-Afrika, kuns, en die bestaansreg van mense wat nie-praktiese beroepe soos (kuns) boefen.

View Detail
Compare
SKU: 9781920188511 Categories: ,

Description

’n Debuutroman deur Heilna du Plooy, bekende digter, literator en skilder oor onthutsende dinge wat onder die oppervlakte van ’n gewone lewe sluimer. Dis meer as die storie van ’n kunsdosent wat haar werk weens regstelaksie verloor. Dis meer ’n speurverhaal met ’n politieke onderbou, en meer as ’n heel eiesoortige liefdesverhaal. ’n Roman wat bly spook, omdat dit soveel groter is as wat die teks verwoord.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Taal van Been deur Heilna du Plooy”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight − 8 =