Doodskoot – Francois Bloemhof

R220.00

Ons ontmoet Paul Matthee op die pad tussen Wellington en Hermon, natgereën en seervoet geloop. Hy’t nie ‘n bestemming nie; sy fisiese bagasie is ‘n tas en ‘n rugsak. Sy emosionele bagasie is veel swaarder. Daardie Nag – die gebeure waarvan hy probeer wegkom met hierdie doellose swerftog deur die land.

View Detail
Compare
SKU: 9781485903086 Categories: ,

Description

Ons ontmoet Paul Matthee op die pad tussen Wellington en Hermon, natgereën en seervoet geloop. Hy’t nie ‘n bestemming nie; sy fisiese bagasie is ‘n tas en ‘n rugsak. Sy emosionele bagasie is veel swaarder. Daardie Nag – die gebeure waarvan hy probeer wegkom met hierdie doellose swerftog deur die land. Wanneer Bernard Ackerman hom oplaai en slaapplek vir die nag aanbied, ignoreer Paul die tintelende sensasie van naderende gevaar. By die eerste aanblik van Bernard se minnares weet hy hoekom sy voorgevoel hom gewaarsku het. Sy is die eerste mens wat sedert Daardie Nag enige emosie anders as futiliteit in hom ontlok, en dis nie die tipe emosie wat mens vir jou gasheer se gesellin behoort te voel nie. Met sy verlede wat snags by hom spook en intrige wat bedags die rykmanswoning vul, begin Paul wonder of hy nie maar liewer die veilige opsie moes gekies het nie … Doodskoot getuig van Francois Bloemhof se ervaring as spanningsverhaalskrywer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Doodskoot – Francois Bloemhof”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 − 7 =