Ek Is Hendrik Witbooi – Conny Braam

R295.00

Hierdie werklik boeiende biografiese roman deur die Nederlandse anti-apartheidsvegter Conny Braam beskryf Hendrik Witbooi, die grootste Namakaptein in die laat 19de eeu, se stryd teen Duitse oorheersing in die vorige Suidwes-Afrika.

View Detail
Compare
SKU: 9781485310075 Categories: , ,

Description

Die dilemma van die inheemse mense word lewend onder haar pen. Beroof van hul tradisionele lewensmiddele, hul tradisionele leefwyse en kultuur, is die Namas toenemend gedwing om hulle aan die volksvreemde juk te onderwerp. Witbooi was vir ongeveer 20 jaar die grootste doring in die vlees van die Duitse oorheersers. As vaardige strateeg het hy bykans al die Namagroepe onder hom verenig en selfs die Herero’s het by die stryd aangesluit. Die rol van sendingorganisasies asook rondreisende handelaars wat voorrade en ammunisie verskaf het, verleen egtheid aan die roman en die verhaal word gerugsteun deur die honderde briewe wat Witbooi agtergelaat het. Die kolonialisasie van Suidwes-Afrika word as ’n spieël voorgehou waarin alle heersende volke hulleself deeglik behoort te ondersoek.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ek Is Hendrik Witbooi – Conny Braam”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

8 − 2 =