Elders – my 1025 km te voet langs die Camino – Erns Grundling

R257.00

Erns Grundling, joernalis by die buitelug-tydskrif Weg, se staptog langs die gewilde pelgrimsroete, die Camino, word weergegee met spontaneïteit en ‘n verfrissende gebrek aan vertoon. Met sy vertrek is Erns “die platoorste haas op die lughawe”, gejaagd en nog nie klaar met sy laaste artikel nie.

View Detail
Compare
SKU: 9780795801365 Categories: ,

Description

Erns Grundling, joernalis by die buitelug-tydskrif Weg, se staptog langs die gewilde pelgrimsroete, die Camino, word weergegee met spontaneïteit en ‘n verfrissende gebrek aan vertoon. Met sy vertrek is Erns “die platoorste haas op die lughawe”, gejaagd en nog nie klaar met sy laaste artikel nie. Hy is oorspanne en bra skrikkerig vir sy groot onderneming. Aanhalings van ánder mense se lewenswyshede is volop. Die Camino werk egter sy wonders en hy begin voordeel trek uit sy “digitale detoks”. Al is hy ‘n “ongeneeslike ekstrovert met ‘n tipiese teddiebeer-persona”, leer hy die waarde van alleenwees ken. Die leser beleef saam met hom hoe bevrydend dit is om in die oomblik te leef. Stadigaan is die wyshede wat hy aanhaal, besig om deel van hom te word. Sy introspektiewe benadering tot die Camino doen geen afbreuk aan die gemaklike en vermaaklike trant van die boek nie – mens leer saam met hom ligter asemhaal.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Elders – my 1025 km te voet langs die Camino – Erns Grundling”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − 8 =