Goeiemore, Mnr Mandela deur Zelda la Grange

R295.00

Zelda la Grange het grootgeword as ’n ondersteuner van die reëls wat wit en swart skei. En tog sou sy een van die mense word op wie Nelson Mandela die swaarste steun in die vervulling van sy lewenstaak. Sy deel nou sy inspirerende gawes aan haar met die wêreld.

View Detail
Compare
SKU: 9780143539117 Categories: ,

Description

Met hierdie boek het me La Grange haar, soos te verwagte, midde-in ‘n media-malligheid geplaas. Daarom is die eerste oplaag blitsig uitverkoop en het ek geleentheid om, voor die tweede druk beskikbaar kom, nog meer lesers te oorreed om dit te koop! Ons lees dat Mnr Mandela haar uitgekies het om die “blanke Boeremeisie” op sy reënboognasie-personeel te verteenwoordig, en dat hy haar by sy uittrede as president as sy persoonlike assistent behou het. Zelda het in die 19 jaar wat sy vir hom gewerk het, ‘n geweldige bewondering en liefde vir mnr Mandela ontwikkel, en hierdie boek is ‘n vorm van eerbetoon aan hom. Sy vertel hoe haar omgang met hom en sy lewensuitkyk haar eie persepsies verander het en tot groot persoonlike groei in haar lewe gelei het. Hoewel sy nie sensasie jag nie, belig sy tog hoe daar teen die einde van sy lewe, toe hy nie meer sy eie wil kon laat geld nie, besluite namens hom geneem is wat teen sy wense sou ingedruis het. Dit laat ‘n mens hartseer dat selfs hierdie wêreldwyd-gerespekteerde ikoon ook ‘n slagoffer was van die gebrek aan respek en menswaardigheid wat so dikwels die lot van die ou mens is. Zelda verbreed ons prentjie van mnr Mandela met haar persoonlike vertelling. Werklik die moeite werd!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Goeiemore, Mnr Mandela deur Zelda la Grange”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × 3 =