Goud Kan Nie Roes Nie – Paul-Constant Smit

R230.00

Con Slaughter is ‘n enigma; ‘n man van die veld wat kan skiet soos ‘n Amerikaanse cowboy. Maar waar kom hy vandaan?

View Detail
Compare
SKU: 9781485903253 Categories: ,

Description

Con Slaughter is ‘n enigma; ‘n man van die veld wat kan skiet soos ‘n Amerikaanse cowboy. Maar waar kom hy vandaan? Hy verkry die respek en vriendskap van die Zoeloeman, Ingwe, wat hom help om die ryk goudaar wat hy naby Barberton ontdek het, tot ‘n suksesvolle mynmaatskappy te ontwikkel. Sy herkoms haal hom egter in en hy word teen wil en dank ‘n rolspeler in ‘n komplot wat die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog beïnvloed. Tussendeur vind hy nog ware liefde ook. Hierdie plot klink dalk redelik algemeen, maar ons lesers weet mos dis hoé ‘n storie vertel word wat tel – en hierdie storie boei deurgaans. Die meesleurende verhaal kombineer ‘n waardige held, ‘n man van integriteit (wat egter ook kan slinks wees wanneer omstandighede dit vereis) met avontuur, internasionale intrige, spanning en liefde. Trouens, ek wil so ver gaan om te sê ons het eindelik ‘n Wilbur Smith wat in Afrikaans skryf!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Goud Kan Nie Roes Nie – Paul-Constant Smit”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − 11 =