Halley Se Komeet – Hannes Barnard

R320.00

Dit is 1986, waarskynlik die enigste geleentheid in Pete de Lange se lewe om Halley se komeet te kan sien. Suid-Afrika is aan die brand, maar in Dannhauser, ’n klein dorpie in Natal, is daar geen tekens daarvan nie. Of is daar?

View Detail
Compare
SKU: 9780799395464 Categories: , ,

Description

Dit is 1986, waarskynlik die enigste geleentheid in Pete de Lange se lewe om Halley se komeet te kan sien. Suid-Afrika is aan die brand, maar in Dannhauser, ’n klein dorpie in Natal, is daar geen tekens daarvan nie. Of is daar? Die sestienjarige Pete se drome behels rugbyroem en om deur die mooiste meisie in die skool raakgesien te word. Maar dan word hy, ’n swart seun, Petrus, en ’n Indiërmeisie, Sarita, tydens ’n angswekkende insident bymekaargebring. Dit is ’n Halley-ervaring. Skielik leef hy in twee wêrelde, en hy moet noodgedwonge kies watter een sy werklikheid gaan word. Hierdie bildungsroman is ’n simpatieke hantering van die werklikheid waarin die Suid-Afrikaanse jeug in daardie ontstuimige jare hul voete moes vind – ’n werklikheid waarvan die aangesig vandag steeds nie veel verander het nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Halley Se Komeet – Hannes Barnard”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 − sixteen =