Hond Se Gedagte – Kerneels Breytenbach

R320.00

Dit is rugbywêreldbekerjaar, en Springbokrugby het sinoniem geword met Christenskap. Die enigste geleentheid wat groter skares na die stadions lok as die Bokke se wedstryde, is die einste Bokke se getuigdienste agterna.

View Detail
Compare
SKU: 9780798179294 Categories: , ,

Description

Dit is die wêreld wat Fleur betree wanneer sy genader word om die Bokkaptein se biografie te skryf. Die uiters suksesvolle onderneming word tot op die fynste besonderheid georkestreer, maar Fleur is ’n joernalis met ‘n fyn neus vir ‘n wanklank – en sy ruik ’n rot. Sy kon egter nooit droom wat die ware bron van die span se uitsonderlike samehorigheid is nie. Nog minder wat alles op die spel is. Die roman is ‘n rollercoaster-rit deur die wêreld van hoëprofielrugby. Benewens sy snydende kommentaar op die Christelike godsdiens raak Breytenbach ook knelpunte aan, insluitend die goedgelowigheid van die mens en die mag- en geldsug wat hoëprofiel-sport dryf.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hond Se Gedagte – Kerneels Breytenbach”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven − 2 =