Huisies Van Papier – Dalena Theron

R200.00

Anna, 22-jarige joernalis by die plaaslike koerantjie, woon op die Kwazulu-Natalse platteland by haar pa’s. Ja, die meervoud is korrek, want haar pa is gay en woon al jare lank saam met sy lewensmaat. Hy het ook ‘n ernstige hartprobleem en is ‘n diabeet. Hy laat hom egter nie hierdeur afskrik van sy kettingrokery en alkoholmisbruik nie. Anna probeer terselfdertyd haar eie voete vind en verantwoordelikheid dra vir haar pa se gesondheid – ‘n baie moeilike balans om te handhaaf. Voor jy nou besluit om tog net nie dié boek te lees nie, kan ek jou gerusstel – dit is glad nie swaarmoedig nie! Die pa’s – en Anna se ma – is eksentrieke karakters wat die snaaksste goed aanvang. Hul menagerie van honde en katte het almal Bybelname en is soos orige kinders in die huis. Anna het lagwekkende en liefdevolle herinneringe van haar kinderjare. Die waarde van dié boek lê nie in ‘n ingewikkelde storielyn nie, maar in die pret van die reis.

View Detail
Compare
SKU: 9781415207086 Categories: ,

Description

Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa’s en onheilige horde honde en katte op ‘n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het – ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, ‘n skrywer wat nou op goeie voet met Anna’s se pa’s verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so ‘n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Huisies Van Papier – Dalena Theron”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

nine + 8 =