In ’n Land Sonder Voëls – Harry Kalmer

R280.00

Harry Kalmer se nuutste boek speel af in ’n post-apokaliptiese Suid-Afrika onder die juk van ekonokrasie, met ’n kopknik aan George Orwell.

View Detail
Compare

Description

’n Mediese dokter en sy vrou wat lank ’n anonieme betaan kon voer, kry skielik onwelkome aandag wanneer die Sentinels ’n Bybel tussen sy vrou se besittings vind en haar tot die dood veroordeel. Hierdie gebeure lei daartoe dat die dokter homself onbepland onder ’n rebellegroep bevind en ’n uitmergelende vlugtog meemaak, waarna hy weer deur die Sentinels gevang word. In hierdie verhaal is niks soos dit lyk nie. Die boek bevat temas van liefde, lojaliteit versus onbetrokkenheid – teenoor mense sowel as ideologieë – individualiteit versus die groter gemeenskap asook verskillende regeringstelsels. Die surrealistiese gebeure laat die vraag ontstaan of daar enigiets in dié lewe is wat die moeite werd is om voor te lewe – of te sterwe.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “In ’n Land Sonder Voëls – Harry Kalmer”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four − one =