Kamphoer deur Francois Smith

R220.00

Moenie mislei word deur die sensasionele titel nie; hierdie verhaal, wat gebaseer is op ware gebeure, is ‘n diep verkenning van die binnelewe van ‘n verkragtingslagoffer. Susan Nell is tydens die Eerste Wêreldoorlog ‘n psigiatriese verpleegster nadat sy in die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp wreedaardig verkrag en vir dood gelos is. Om die beurt word haar stadige fisiese herstel en haar lewenslange sielkundige herstel vertel. In die Wêreldoorlog het sy al 16 jaar van psigiatriese studie en verpleging agter die rug, en is dit asof alles in haar lewe haar gelei het na díe inrigting, díe herontmoeting met een van haar verkragters. Nou is hy egter ‘n hulpelose pasiënt, ‘n sogenaamde bomskok-lyer, en sy is in die magsposisie – of is sy? Die effek wat so ‘n geweldige trauma op ‘n mens kan hê, elke dag van die res van jou lewe, word uitmuntend uitgebeeld. In die lig daarvan dat Francois Smith een van die beste Afrikaanse teksredakteurs is (onder die skrywers vir wie hy redigeer, tel Dan Sleigh, Etienne van Heerden en Eben Venter), is dit geen wonder dat díe debuutroman so weldeurdag en kunstig aanmekaargevleg is nie.

View Detail
Compare
SKU: 9780624065517 Categories: ,

Description

It is the First World War and Susan Nell stands before the door of a private ward in a British military hospital. On the door she reads a single name. She knows that name. Sixteen years ago, during the Anglo-Boer War, she encountered that name in a concentration camp in Winburg. She lifts her hand to open the door. Her hand shakes uncontrollably. But she is a psychiatric nurse and this is what she has to do, bring traumatised soldiers back to the light. However, if this soldier is the one who sixteen years ago thrust all light out of you with his hips, it is not that obvious. Susan Nell hesitates before she opens the door, desperately uncertain – teetering on the threshold between life and death.

Kamphoer is the true story of a woman who was brutally raped during the Anglo-Boer War and left for the vultures. With the help of a number of benefactors she escapes the clutches of death and dedicates her life to the healing of exactly the kind of trauma to which she was subjected. And in the process re-encounters her rapists . . .

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kamphoer deur Francois Smith”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five × five =