Koors – Deon Meyer

R290.00

Deon Meyer slaan ‘n nuwe rigting in: post-apokalipties en spannend. Toegegee, spanning is Meyer se fortê – dis hoekom mens die boek nie kan neersit nie! Willem Storm en sy seun Nico oorleef Die Koors waaraan omtrent 95% van die wêreldbevolking gesterf het. Willem slaag daarin om ‘n gemeenskap van oorlewendes te vestig aan die Vanderkloofdam in die Oranjerivier. Amanzi gedy onder sy sorgsame en idealistiese leiding, maar ongelukkig pak nie almal oorlewing so aan nie; daar is altyd skurke, moordenaars en buiters wat bedreiging inhou. Dis waar die enigmatiese en onverskrokke Domingo inkom. Met sy doodsveragtende optrede beskerm hy Amanzi teen hierdie bendes en word Nico se held. Willem is so besig om Amanzi se mense te versorg dat hy en Nico, nou ‘n tiener, uitmekaar dryf. Maar dan word sy pa vermoor, en Nico besef wat hy verloor het. Nou wil hy wraak neem. Domingo het hom immers goed opgelei.

View Detail
Compare
SKU: 9780798173858 Category:

Description

Die Koors het byna almal gevat.

Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word?

Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi …

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Koors – Deon Meyer”

Your email address will not be published. Required fields are marked *