Description
In hierdie terugblik op hul ma se lewe het Jonathan Jansen en sy suster Naomi saamgewerk om ‘n volledige portret van hul ma te skilder. Sarah Jansen het die broek gedra in haar huis – tot almal se voordeel. Die vaste, streng waardes waarvolgens sy haar huishouding, haar vyf kinders en haar werk as stafverpleegster bedryf het, het ‘n groot rol gespeel in die geborgenheid van haar gesin in ‘n Kaapse Vlakte waar ‘n mens maar te maklik die pad byster kon raak. Haar kinders se blootstelling aan (goeie) leesstof is ook aan haar te danke. Dit is ‘n sprekende getuigskrif as mens se kinders kan sê: “[My ma]se lesse was nie maklik nie, maar hulle het ‘n wesenlike verskil gemaak.” Die skrywers se waardering vir hul ma spreek uit elke goedgevormde sin. Hulle noem dit ‘n “lied”; hulle kon dit netsowel ‘n “ode” genoem het.
Reviews
There are no reviews yet.