Lira – Chanette Paul

R340.00

’n Lekker dik boek deur Chanette Paul beloof net een ding: ’n hele paar dae se leesgenot.

View Detail
Compare
SKU: 9780799394474 Categories: , ,

Description

Die eerste boek in die Vywervrou trilogie handel oor Lira, ’n upcycle-kunstenaar wat ’n nuwe lewe op ’n kusdorpie begin na haar verhouding beëindig is. Die uitdagings van hierdie skuif word makliker gemaak deur Boeta, die nutsman wat uit sy pad gaan om die afgeleefde huis wat sy op ’n veiling gekoop het, op te knap, en natuurlik die vriendinne wat gou deel van haar ondersteuningsnetwerk word. Lira maak op haar beurt ’n verskil in die lewe van haar helper, Beulah, en dié se familie. Dan ontmoet Lira vir Fynn en daar is onmiddellik ’n vonk tussen hulle. Maar Fynn se vrou is sterwend en sy dogter, wat op die drumpel van puberteit is, het hom nodig. Gaan Lira ’n sukses kan maak van haar nuwe lewe op Vywerbaai? 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Lira – Chanette Paul”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one × five =