Description
Hoe bewaarheid ’n mens die lewensdroom om “bos” te gaan? Wel, in die Slabberts se geval gaan jy deur ’n leerskool van herhaalde pogings, herhaalde mislukkings, vasbyt, opoffer en verduur. Annelize, ’n joernalis, en haar man Gerard, ’n apteker, het na ’n paar mislukte pogings vastrapplek vir hul voete gekry op ’n wildplaas met ’n lodge in Deception Valley in Botswana. As jy ’n lodge bedryf en jy moet 180 km met ’n tweespoor-sandpad ry na die naaste groterige dorp (Maun), maak jy groot aanpassings. Maar jou daaglikse lewe is een groot avontuur. Petaljes met gaste, die Boesman-personeel en wilde diere is die orde van die dag. Annelize se vertelling is vermaaklik, vol staaltjies wat jou mond laat oophang en jou laat besef wat “agter die skerms” moet gebeur om oorsese gaste se drome van ’n Afrika-wildavontuur te bewaarheid. Vir die ekstra lekker het sy ook Afrika-resepte ingesluit.
Reviews
There are no reviews yet.