Ons kom van Vêr – WAM Carstens en Michael le Cordeur

R254.00

Dié boek vul ‘n leemte in die Afrikaanse literatuur: ‘n naslaanwerk oor bruin en swart Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans.  Dit is dan ook paslik opgedra aan Adam Small, wat die projek goedgekeur het, maar ongelukkig oorlede is voor dit voltooi is.

View Detail
Compare
SKU: 9780928316674 Categories: ,

Description

Dié boek vul ‘n leemte in die Afrikaanse literatuur: ‘n naslaanwerk oor bruin en swart Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans.  Dit is dan ook paslik opgedra aan Adam Small, wat die projek goedgekeur het, maar ongelukkig oorlede is voor dit voltooi is. Aangespoor deur prof. Wannie Carstens en dr. Michael le Cordeur, het meer as 30 akademici, skrywers en gemeenskapsleiers bydraes gelewer om die tekort aan opgetekende bronne oor die aandeel wat bruin mense aan die vorming van Afrikaans gehad het, aan te vul.  Elke bydraer het geskryf oor ‘n aspek van die taal waarby hy- of syself intens betrokke is of was. Hoofstukke dek onder andere die velde van die onderwys, media, ekonomie en bemagtiging, godsdiens en kerk, die invloed van apartheid en die politiek. Hierdie boek is onontbeerlik in jou boekery as die geskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans vir jou belangrik is.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ons kom van Vêr – WAM Carstens en Michael le Cordeur”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + 11 =