Openbaring deur C. Johan Bakkes

R244.00

Johan Bakkes se unieke styl van reisvertelling is altyd ‘n plesier om te lees. Sy tussen-ons-manne-aanslag sluit net soveel interessanthede soos dié van enige ander reisskrywer in; die verskil is dat ons nie eintlik kyk na die katedrale en kunswerke en snuisterye nie, maar wel na gewone mense in kroeë en nagklubs, en na die “-ste”plekke saam met die avonturiers. En nee, nagklubs en avontuur sluit mekaar nie noodwendig uit nie – hiervan is Johan en sy reisvriende lewende voorbeelde! Bakkes is deeglik bewus dat sy leefstyl van uiterstes die einde van sy lewe op aarde verhaas; die dood is elke dag ‘n tree (of ‘n paar kilometer) nader. Vandaar hierdie “Openbaring”. Hy het met volle oorgawe die koudste plek in die wêreld (Oimjakon, Siberië, mid-winter) en die warmste plek (Danakil in Ethiopië) besoek en belééf – wat het hy om daarvoor te wys? Sy openbaring hieroor word duidelik soos die bundel na sy einde snel …

View Detail
Compare
SKU: 9780795801129 Categories: ,

Description

Openbaring is ‘n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes ­– C. Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ‘n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die verswelgende hitte van die Danakil-depressie. Hoekom? Want die reisigers doen hul bes om nie “lou” te wees nie, maar met absolute oorgawe te lewe!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Openbaring deur C. Johan Bakkes”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − one =