Description
Tertius, ’n lektor by Stellenbosch Universiteit, is in die doodsnikke van sy werk en sy huwelik. Na ’n dronk nag van skande vlug hy na Patagonië en soek ‘n heenkome by ’n verlangse familielid, Alejo, ’n skaapboer, waar sy vrou Alta hom opspoor. Dié verhaal eggo die een van sy oupagrootjie Basjan wat deur Salome na Argentinië gevolg is. Fowler gebruik hierdie raamwerk om die leser insae te gee in beide eras met betrekking tot die landskap, sosiale omstandighede, politieke gees, ontwikkeling van Afrikaans, godsdiens en dies meer. Voeg daarby die temas van mislukking, menseverhoudings, wraak en die hoop op versoening, en jy het ’n boeiende historiese roman. Hierdie roman ontgin ’n stuk van ons land se geskiedenis wat tot dusver nie baie aandag in Afrikaanse fiksie geniet het nie: die vestiging van ’n Afrikaanse gemeenskap in Argentinië ná die Anglo-Boereoorlog.
Reviews
There are no reviews yet.