Pirana – Rudie van Rensburg

R240.00

Kaptein Kassie Kasselman sou nie kon raai dat die verdwyning van oud-polisieman Barnie Wolhuter verband hou met smokkelhandel in renosterhoring nie. Wanneer hulle egter die ontvoering van ‘n jong vrou begin ondersoek, lei dit hulle na African Curio, die winkelgroep waarvoor Barnie uitvoere behartig het ná hy uit die polisie is. Ver weg in Musina voer Natasha van der Merwe ‘n verbete stryd teen renosterstropers, min wetende dat die aantreklike Theodore op wie sy besig is om verlief te raak, een van die skelms is. Dit begin lyk asof daar ‘n marionettemeester agter die gebeure sit – ene Deep Throat, wat met die wenke wat hy telefonies vir verskillende mense gee, besig is om een persoon aan die kaak te stel. Hy het baie jare lank beplan en gewag vir die regte oomblik om wraak te neem, en die wraak is soet…

View Detail
Browse Wishlist
Compare
SKU: 9780795801099 Categories: ,

Description

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van ’n ekskollega begin ondersoek, is dit vinnig duidelik dat hier veel meer as net ’n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?

Van die ongenadige Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers, Afrika-curio’s en luukse lodges; tussen ’n verslonsde Bolandse hoewe met ’n grieselige dam vol visse en die glans-en-skanswêreld van internasionale diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi se vrou is visvoer.

Maar vir Kassie is dalk die belangrikste van als: sal sy onskatbaar waardevolle seëls die aardbewings oorleef daar waar hulle ver oor die wêreld swerf?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Pirana – Rudie van Rensburg”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − 15 =