Split deur Debbie Loots

R240.00

Die wel en wee van ‘n middelklas-Afrikaanse gesin tydens die sewentiger-en tagtigerjare is die tema van hierdie verhaal. Vera se droom om nie dieselfde foute as haar ouers te maak nie, maar vir haarself ‘n goeie lewe te skep, verbrokkel wanneer sy, hoog swanger, met Willem moet trou. Sy kwalifiseer wel en werk as verpleegster, maar Willem is ‘n verkoopsman wat groter sukses onder die vrouegeslag behaal as met sy verkope. Met drie kinders en ‘n rebound-verhouding op haar kerfstok, verlaat Vera eindelik vir Willem. Hiervandaan dool die Barnards se paaie rond in ‘n ongemaklike bestaan van herhaalde nuwe beginne met nuwe lewensmaats en op nuwe plekke. Ons sien die oudste kind, Lien, in haar verwarheid poog om uit te styg bo haar ouers se doodloop-bestaan. Die uitbeelding van die karakters is onsentimenteel en skerp en juis, wat van hierdie debuutroman baie bevredigende leesstof maak.

View Detail
Compare
SKU: 9780795800986 Categories: ,

Description

South Africa in the 70s and 80s. Vera’s family keeps moving, Pietersburg – Randfontein – Durban, and back again, always hunting elusive new chances. Her marriage is falling apart and her daughter Lien fervently wishes for a UFO to snatch her away . . .

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Split deur Debbie Loots”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve − 9 =