Description
Die San-geledere van ‘n tradisionele gemeenskap naby Upington wil die plaaslike polisiebevelvoerder, kaptein De Vos, aankla van korrupsie en nalatigheid. Omdat hooggeplaastes binnekort ‘n belangrike grondoorhandigingseremonie daar gaan bywoon, moet die polisiemag ‘n goeie reputasie probeer herstel. Beeslaar moet voelers gaan uitsteek – dit sal net ‘n dag duur … Sommer dieselfde aand word De Vos ernstig gewond deur ‘n messteek. Nou moet Beeslaar ook probeer saamwerk met die nuutaangestelde kolonel Koekoes Mentoor, wat hierdie aanval moet ondersoek. Belange en ondersoekmetodes bots, veral namate meer mense se bly- en werkplekke onder ‘n vandalis deurloop en gerugte van ‘n leeugees selfs onder die plaaslike polisiemanne begin die rondte doen. Die uitmergelende hitte van die Kalahari is nie die faktor wat éintlik die sweet laat tap nie… Brynard se derde misdaadroman stel nie teleur nie.
Reviews
There are no reviews yet.