Tussen die Klippe – Hans du Plessis

R220.00

Dominee Johannes is teësinnig en as buitestaander uit die Kolonie laat kom om ‘n hofsitting by te woon. Dié vind plaas in die veld: die hofamptenare se stoele bly in die los sand insak en die prosedure word onderbreek deur voëls, vlakvarke, olifante en ‘n donderstorm of wat. Die pragtige jong vrou wat aangekla word van die misdade van bigamie en bedrog, is reed deur die mense van haar streek skuldig bevind – hulle kén haar mos so! Dominee Johannes benader egter die hele verrigtinge vanuit sy soeke na die aard en omvang van ware Christelike liefde. Die verhaal speel af in 1851 in die Moot, ‘n boerdery-nedersetting noord van die Vaalrivier, en weerspieël hofverrigtinge soos in 1849 voorgeskryf deur die Volksraad in Potchefstroom. Heelwat aspekte van die Christelike leer en die aard van waarheid word ondersoek, terwyl ‘n eg menslike en simpatieke uitbeelding gegee word van plattelandse gemeenskappe in die jare kort na die Groot Trek.

View Detail
Compare
SKU: 9780799378559 Categories: ,

Description

’n Dekade of wat ná die Groot Trek word ’n vrou voor die hof gedaag vir veelmannery en al die onnoembare sondes wat daaruit kan voortspruit. Of ’n misdaad en sonde dieselfde saak is, is nie alte duidelik nie, maar die hof het tyd, stompe om op te sit, en iemand wat kan skryf. En getuies. Dit sukkel, want die verrigtinge word onderbreek deur bobbejane, voëls en vlakvarke wat ’n lawaai opskop wanneer nodig en onnodig.

Iedereen veg om ’n eie waardigheid en waarheid, net die regverdiges nie; hulle is nie seker wat hier bewys moet word nie. En wanneer die waarheid openbaar word, is dit nie die waarheid wat mens verwag het nie. Uit al hierdie dinge probeer dominee Johannes sin maak van wat die liefde is. Lê die liefde in al sy vorme nie dalk iewers tussen daardie twee klippe wat Moses van die berg af teruggebring het nie?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Tussen die Klippe – Hans du Plessis”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × five =